Vir die wat sou belangstel

Posted: Mei 13, 2012 in Uncategorized

Ek het ‘n blog waar ek al my motorfiets trips se Ride Reports en fotos gepos het.

Julle is welkom om te gaan loer na http://dsadventure.wordpress.com

The view from my window

Posted: April 7, 2012 in Uncategorized

Image

Ok , Ok. ek weet hierdie is eintlik ‘n afrikaanse blog en sommige van julle kla dat julle so vreeslik sukkel met die brits. So ek moes seker dan maar die titel iets gemaak het soos Die prentjie deur my venster.

Maar dit sou nou ook nie heeltemaal korrek gewees het nie , want tegnies is dit die uitsig deur my voordeur. Wat eintlik ‘n skuifdeur is en nie rerig ‘n hout voordeur soos julle dit sou ken nie. Maar nou ja , ek is seker julle kry die idee.

Eintlik het ek nog steeds nie rerig vreeslik baie om met julle te deel nie. In elk geval niks ‘profound’ of diep en insiggewend nie. Vir die laaste drie en ‘n half jaar trap ek maar water en probeer ek my kop net hoog genoeg hou om nie te versuip in die alleenwees en moedeloosheid wat dreig om my te oorweldig nie.

Ek glo dat daar ‘n rede moet wees hoekom die God van die Heelal my op hierdie tyd ophierdie aarde en in hierdie plek gesit het. Ek wens net dat Hy daardie geheim met my wil deel want ek het nie die vaagste idee nie.

En dan probeer ek baie hard om te glo dat daar erens ‘n meisiekind is wat bedoel is om my ‘soulmate’ te wees. Maar stadigaan begin ek geloof en moed en hoop verloor vir daai een. Gister terwyl ek in die kerk sit vir die goeie Vrydag diens het ek so oor die mense in die gemeente gekyk. En twee dinge het my opgeval. Een was die hoeveelheid mense van my ouderdom wat in die kerk was. Eintlik eerder die gebrek aan mense my ouderdom. En dan was daar die hoeveelhied (of gebrek dan) aan enkelopende dames van my ouderdom. En dit maak my bang. Ek is nou amper drie en ‘n half jaar geskei. Wat beteken dat ek vir die laaste drie en ‘n half jaar alleen is. Eintlik langer as jy die laaste jaar of wat van my huwelik bytel.

Ek wonder hoeveel mense rondom my besef wat dit beteken om vir drie en ‘n half jaar lank elke aand na werk in ‘n lee huisie in te stap. Om ‘n bietjie Tv te kyk terwyl jy kos maak en eet. En dan maar te gaan slaap. Om more oggend op te staan en te gaan werk. En more aand huis toe te kom en die siklus te herhaal. Ag wat , kom ons wees nou maar eerlik , selfs as daar iemand is wat verstaan het , sou dit nie ‘n verskil gemaak het nie. So….

Miskien gee hierdie gesanik vir julle ‘n idee hoekom ek die laaste ruk so stil was op die blogs. Ek wil nie heeltyd klink of al wat ek doen kla en ‘moan’ is nie. So dan skryf ek maar eerder nie die ‘deep dark thoughts’ wat in my kop draai nie.

So – dankie vir die van julle wat hier gelees het. Ek sal probeer om nie te gou weer so ‘n treurmare te blog nie. Maar dit is die prentjie deur my venster op die oomblik. As jou prentjie beter lyk, dan is ek bly vir jou en ek hoop jy is dankbaar daarvoor. En as jy ‘n lewensmaat het wat vir jou lief is en omgee, gaan gee nou dadelik vir hom of haar ‘n druk. En moet nooit ooit daai spesiale mens in jou lewe as vanselfsprekend aanvaar  nie. Vat die woord van iemand wat weet hoe lyk die prentjie aan die anderkant….

Random ramblings

Posted: Maart 30, 2012 in die lewe, Uncategorized

Image

Nou ja, soos Oom Dominee Donkie dan ook opgemerk het , is ek terug. Dis nou terug hier in die blogosphere. Ek is nie so seker dat dit ‘n goeie ding is nie. Sien , die ding is dat ek gewoonlik begin skryf en blog as dit nie met my goed gaan nie.

Maar nou moet julle nou ook nie dat daai stelling julle onder die valse idee plaas dat dit met ander woorde goed gegaan het met my in die tyd wat ek so stil was nie. Ek spartel maar om my kop bo water te hou. Ek wens ek kan die sin in die lewe raaksien. Ek wens ek kan meer uit die lewe kry as om net werk toe te gaan en huis toe te kom. Eintlik smag ek net daarna om weer ‘n meisiekind in my lewe te hê. Want ek dink darem nou wragtag dat drie en ‘n half jaar se alleen wees darem nou genoeg is.

Daar is ‘n helse klomp vrae , gedagtes en worstellinge in my kop , maar ek weet nie of dit so ‘n goeie idee is om dit hier op ‘n paar ‘unsuspecting’ lesers te kom laat val nie. Dalk skrik die dinge in my kop die laaste paar lesers ook finaal af.

Nou ja, dis seker genoeg ‘random ramblings’ vir een aand.

O ja – die foto hierbo is geneem een Volmaan aand. Die wolke is so van agter af bo die Hottentots Holland berge verlig deur die Volmaan wat net besig was om sy kop uit te steek.

On your off day

Posted: Maart 28, 2012 in Uncategorized

I have not blogged in a very long time, and I am going to cheat a bit with this post. This is a copy of a Ride Report I posted on Wilddog.za.net this afternoon. At leats it will show you that I am still alive and give you an idea of what I did for my day off.

 

Today was my day off and after completing whatever chores were waiting for me I decided to ignore my budget’s protests and go for a ride. It was such a glorious day and I really needed a little getaway.  As the saying goes :”New riders pick a route and ride, old Riders pick a direction.”  And seeing as I am not quite a new rider anymore (I hope) I picked a direction and went for it.

I needed to warm my chain before I gave it some chain-lube and so the idea was to ride to Gordon’s bay and then lube the chain.

Of course it is a sad day when one can not find something nice for the eyes at Bikini beach.

I set off on the R44 but just had to stop for the view over Kogelbay. As I said before the weather was glorious with not a breeze blowing.

I stopped at Rooi Els at this spot where a fellow Biker killed himself about a month ago. Such a senseless death, but I guess if you want to mix bottle with throttle then the chance is there of things like this to happen.

Just before the Pringle Bay turnoff someone has gone and painted a rock next to the road to look like this :

In Kleinmond I stopped at the beach for a bit of lunch.

 On the menu was Chicken Schnitzel and chips.

Of course , it does not take long these days before the beggars arrive to demand some food

.I even had some pudding and a tin of black poison to wash my lunch down with. And just a little piece of droe wors to fill that last little gap.

From Kleinmond I headed towards Botriver and saw the train in the station as I passed.

This was of course a very good photo opportunity and Jemima posed nicely next to the big train for a photo.As I left a heard the train blow it’s whistle announcing it’s own departure.

I stopped at the level crossing for a nother photo. Only once the train was rattling past did I realise exactly how close to the tracks I actually stopped. Bit of a blond moment there. About 30 cm closer and the train would have broken off my mirror.

It was time to hit the dirt and I turned onto the Van Der Stell pass road towards Villiersdorp. I stopped for a photo on a shady spot.

At the intersection with the Caledon road , I turned right towards Caledon.  And saw some very nice scenery.



Maybe just as well that I stopped when I did , or else I would have barreled into this lot a fair turn of speed.

At the T section I turned left towards Villiersdorp. Came across this guy and his wife with a flat wheel. And he had already used his spare wheel a few minutes earlier. I had my compressor with me , but since I have tubes , I did not have plugs and in the end he was forced to phone the AA to come and help him.

A short while later I turned left , back onto the dirt.  I stopped to photograph the valley that was on my Left.

Turned left and stopped in a shady spot while I decided where I wanted to go.

Fooled around with the camera and balanced it on a fence dropper for this selfportrait.

While I was there wondering what road I would follow, quite a few trucks came racing past on the road I just left. And when I say racing, I mean racing. These guys were going full tilt. That decided it for me and I continued back down the road towards Van der Stell pass and Botriver

From Botriver I folllowed the old Houwhoek Pass (that folllows the railway).  This was a little more technical than the gravel highways I have done for the morning and I ended up doing the ‘standup , lookup, openup’ routine for most of the road.


I stopped at Houwhoek for a very nice Iced Coffee Milkshake.

And Jemima waited patiently for me to finish my indulgence and get back to continue the ride.

By now the wind had picked up quite a bit and I decided to get home via the N2 and give poor Jemima a well deserved wash.

Before :

and After :

Here is a Google earth screenshot of the route I took.

Wat is nuus ?

Posted: Oktober 20, 2011 in Uncategorized

Nou ja , so bly Adoonsie dan nou al vir amper n week lank in ‘n granny flat in Somerset Wes.

En lanklaas in sy lewe het Adoonsie so hard gewerk! Ons is besig om die nuwe winkel reg te kry sodat ons kan oopmaak op die 1ste November.

Ek het darem al n kansie gehad om my laaitie te sien , maar ek sal regtig eers kans kry om lekker saam met die outjie te kuier as die Kersfees rush eers verby is. Ek sal ook maar skaars wees hier rond tot tyd en wyl ek bekostigbare internet het en my lewe so effens rusitger geword het.

Die Springbok rally

Posted: September 27, 2011 in Uncategorized

Was fantasties lekker.

Well , actually was ons baie min by die rally, want ons het die wereld vol gery . En die mooiste plekke gesien en fotos geneem.

Gaan lees asseblief my Ride Report van die rally op die Wilddog forum.

Click hier

Hier is net so ‘n paar lusmaker fotos :

En so verander ‘n mens se lewe.

Posted: September 22, 2011 in Uncategorized

Ek is mos nou vir die laaste paar maande ‘n lid van ‘n internet forum genaamd Wilddogs.za.net.  Die forum is tot ‘n groot mate deel van hoe ek my motorfiets gekry het , deurdat een van die lede vir my die fiets te koop aangebied het teen ‘n fantastiese winskoop.

 

Nou ja – so is die forum ook die deel van hoe ek my nuwe werk gekry het. Jip  – dis reg , die bobejaantjie het werk gekry in Somerset wes as die assistent bestuurder van ‘n nuwe motorfiets bybehore winkel wat binnekort daar oopnaak. Dit beteken dat ek oor 3 weke moet trek sodat ek die 17de Oktober kan begin werk in my nuwe pos.

Die forum is dan ook deel van hoekom ek more verlof het om saam met ‘n klomp van die ander forum lede na Oudshoorn te ry om te gaan deel neem aan die Springbok rally.   Die Springbok is ‘n mak rally. Dit word bemark as ‘n familie rally waar kinders ook welkom is sonder die rowwe elemente soos by die Buffalo rally.

 

Hier staan Jemima gepak en gereed vir die naweek se trippie.

 

Gereed vir die langpad

Ek  sien baie uit daarna om ‘n bietjie weg te kom en my fiets te gaan geniet. En ek is baie, baie dankbaar vir die mense wat dit vir my moontlik gemaak het om die trip mee te maak.