Melankolie

Vrydag aand het ek by die Sacremento Restaurant in Schoenmakerskop gaan koffie drink. Sekerlik vir die laaste keer hierdie jaar. Want ek hou nie van baie mense nie en met die kers seisoen op pad vermy ek die see en die plekke waar baie mense saamdrom. So ek sal maar rustig wag dat al die Vrystaters en Gautengers weer vroeg in volgende jaar hulle goedjies op pak en boggeroff , en dan sal ek weer my geliefde plekke langs die see gaan opsoek.

Soos dit is kon ek nie eers my koffie rustig en in vrede geniet nie , want die restaurant het om 18:30 gesluit vir n privaat funksie. Ek het toe maar met my kamera gaan sit en wag vir wat ek gehoop het ‘n mooi sonsondergang sou wees.  Die baie wolke het my so effens gekortwiek.

Gister moes ek werk , en vandag sit ek in die huis en voel sommer net jammer vir myself. Die wind waai en dis bewolk, maar dit sal ook nie kom reen nie. Ek is nou vir amper ‘n jaar geskei na ek vir 10 jaar gelukkig getroud was ( ja ek weet , dit maak nie sin nie. Sy het na 10 jaar se huwelik eindelik uit die kas uitgekom) en veral op Sondae dan vang die verlang my. So eintlik is Sondae maar redelik ‘crappy’ vir my , maar ek wil ook nie hê Maandag moet aanbreek nie want dan is die naweek verby.

So.. Nou sit ek maar hier en ek hoop dat dinge wel eendag weer anders sal lyk. Dat daar erens in die wereld ‘n maatjie is vir my wat ek saam mee kan oud word. Ek is 33 en met die Vader se genade hoop ek dis darem nog ‘n rukkie voor ek oud of dood is. Soms wonner ek hoekom die lewe so bleddie moeilik is en so bleddie seer kan maak. Maar ek kom agter dat ek begin heel word. Want die wonder-dae word al hoe minder en die hoopvol-dae word stadig meer.

Wie weet wat wag omdie volgende draai……

3 thoughts on “Melankolie

  1. dit is aaklig die alleen wees, na my egskeiding was die ergste vir my die aande, as die kiddies bed toe was en die huis het begin stil raak….. dit was erg, my grootste vrees is om alleen oud te word, ek weet nie hoekom nie, ek is nie, glad nie ‘n alleen-wees-mens nie…

  2. Sterkte. Ek is ook nie stout oor Sondagaande nie – dis dan wanneer die verlange ‘n mens beetpak. Ek hoop dat jy sommer vinnig beter voel.

  3. Broer, sy sal kom, wanneer jy dit die minste verwag….maar ek ken die Sondag middag Blues..sterkte daar

Kommentaar is gesluit.