#%^&*(# Binnelanders

Vanoggend het my moermetertjie behoorlik in die rooi gespring. Oor iets wat seker glad nie so erg was nie.  Daar sit ek na kerk by Whipme se winkel in Uitenhage behaaglik aan ‘n koffietjie en suig terwyl die reen in sulke vlae oor die parkeer terein neer stuif toe ‘n gesin vakansie gangers by die deur uitloop en ek hoor hoe die een man vir die ander klomp se:” Ag ek hoop nie dit gaan heel vakansie reen nie !”

Ek moes mooit byt om nie hier van my tafel af kommentaar te lewer nie. Want anders as genoemde binnelander bly ek hier. En ons wat hier bly bid kliphard vir reen, want dis donners baie droog hier. En ons wens dit wil heel vakansie reen.  Ek kan nie wag dat die vakansie verby is sodat ons weer kan strand toe gaan sonder om in verkeersknope te moet sit nie.

Ok. Jammer julle , ek is sommer net in ‘n crappy bui. Hoop nie al die binnelanders wil my nou summier stenig nie. Ek was ook een op ‘n stadium.

Jan Nel , ek ry volgende Sondag (20ste) daar by jou plek verby op pad Bloem toe. Want ek vlug nou maar eers binneland toe. Gaan vir my ouers in Bloem kuier. En dan saam met my laaitjie (wat ek in Mei laas gesien het) na my ex-vrou se ouers toe vir Kersdag in Sasolburg. Dan kom ek weer so die 27ste terug na my plekkie toe.

3 thoughts on “#%^&*(# Binnelanders

  1. ek het altyd by my ma-hulle op Jeffries gaan kuier Desembers, toe hulle nog daar gewoon het…ek kon nie wag vir daai dag as die Valies weer tent opslaan en waai nie…mens kon dan orals vars vis en groente kry, die braaihout was nie alewig uitverkoop nie, en die verkeer was terug na 5 karre per uur met die hoofstraat af!

Comments are closed.