‘n Paar familie fotos

Ek het die jaareind funksie oorleef. Ook maar net.

Gedog ek sal maar met julle’n paar fotos deel uit die Adoons familie se geskiedenis.

Alle eer aan Oubaas T.O Honniball vir sy meesterlike sketse van Adoons en sy trawante.  Ek het hierdie 3 fotos op die net opgespoor.

Ek het groot geword met drie boeke in die hius wat my pa veilig weg gebere het en wat ek net kon lees nadat ek baie mooi gevra het en seker gemaak het my hande is skoon.

Die drie boeke se name was : Adoons, Keesje Kaas en Kie,   Adoons boer vorentoe, en   Adoons dons op. Ure en ure se vermaak. Ek gaan oor kersfees weer huis toe en dit sal een van die dinge wees wat ek gaan doen vir die tyd , om weer daai drie boeke te gaan uitsoek en te lees.

5 thoughts on “‘n Paar familie fotos

  1. Sorry Anha.Ek het die blog as n anonieme blog begin en ek gaan dit so hou vir tyd en wyl.Jy/julle sal maar tevrede moet wees met die huidige ‘fotos’.

  2. Ek was so ‘n groot aanhanger van Adoons en Kie dat my foksie se naam, Adoons was, dus verstaan jy?En my Adoons-storieplaat (wat ek kosbaar bewaar) moes ek seker 500 keer geluister het tussen die ouderdom van 6 en 10 jaar. Want ek onthou van die dialoog, so stuk-stuk, nog verbatim.

  3. Elsabe, dankie vir jou spoortjies op my blog.Ek was self n groot aanhanger van Adoons, hoewel dalk so n generasie agter die res van die mense wat hom geken het. Ek het nooit die storie plaat gehoor nie , en ek het nooit die pretnjies in landbou weekblad gesien nie. Maar my pa het 3 boeke (bundels) met Adoons se stories en ook 3 van Jakkals en Wolf (wat ek nooit gelees het nie) en ek kon myself ure vermaak deur daai boeke te lees toe ek jonger was.Menige kere het ek gekraai van die lag vir die sketse en stories. Een wat my altyd sal bybly is waar Adoons en Kaas Windvogel terug keer huis toe nadat hulle die omgewing amptelik besoek het (Windwogel was mos die bergermeester).Elk geval so keer Adoons en Windvogel onder polisie begeleiding terug huis toe. Adoons is ‘gatvol’ en wil by die huis kom. Die spietkop hou regs by die vurk in die pad na die dorpsplein, Windvogel , wat agter op ‘n geprakseerde stoel gesit het, hou ook regs. En Adoons hou links , huis toe. Wat beteken dat Windvogel hem des M@#rs val in die stof pad.Ai , oom Honniball het darem n slag gehad met sy penne.

Comments are closed.