Troues , tyd en kultuur skok

Die van julle wat my vorige blogs gelees het sal onthou dat ek genoem het dat ek ‘n fotografie besigheid gehad het. Basies het ek vir so 4 jaar lank as n voltydse professsionele fotograaf gewerk. En soos wat meeste sulke fotograwe maar doen , het ek ook baie troues gedoen.

Die besigheid het egter vir baie redes deur ‘n sleg tyd gegaan en op die ou end het ek myself weer bevind in die gewone wereld waar ek ook maar weer van 8 tot 5 vir ‘n baas werk. Dis nie ‘n fantastiese werk nie , maar dit hou my aan die lewe terwyl ek my egskeidings wonde lek en weer koers vir my lewe bepaal. Ek het my kameras weer net vir n stokperdjie begin gebruik en glad nie meer troues en so meer gedoen nie. Maar tog het ek my fotografie webblad op die net gelos.

En so gebeur dit toe dat ‘n baie vriendelikke jong swart dame my nou die dag bel en smeek om haar trou fotos te neem. Sy het my fotos op die net raak geloop en was heel beindruk daarmee. Maar die grootste rede hoekom sy my gesmeek het was omdat die fotograaf wat hulle geboek het kop uit getrek het 10 dae voor die troue.

Ek laat my toe ompraat om as fotograaf op te tree. Deels omdat ek hulle jammer gekry het, want waar gaan vind mens nou ‘n fotograaf in Desember maand 10 dae voor jy moet trou ? En deels omdat ek die geld nodig gehad het. Want ek werk as kontrakteur en ek verdien geen salaris vir die tyd wat ons toe is oor kersfees en nuwe jaar nie. Die trou geldjies sou baie handig inkom om die groot gat in my salaris op te vul einde Januarie.

Vandag was toe die groot dag , en net na 8 daag ek by die bruid se huis op om die aantrek en grimeering af te neem. Ek word ingenooi in die huis in waar ek die dametjie nog in haar japon aantref. Uit die kombuis kom die reuk van afval wat kook en ek vlug maar eerder uit buitentoe terwyl ek vir haar wag om klaar maak sodat ons kan fotos neem. (Die reuk van afval wat kook laat Adoonsie se maag op ‘n knop trek terwyl hy met groot spoed soek na ‘n plek om ‘n kat of ses te skiet). Ek wag toe maar geduldig buite , want gelukkig is daar nog baie tyd voor die trou seremonie wat om 10 uur sou plaasvind.

Nou ja , om ‘n baie lang storie (glo my dit was lank) kort te maak, moet ek sê dat die seremonie nie 10 uur begin het nie. Inteendeel , die predikant het sy eerste woorde van die kansel af gespreek om 12:31. Teen welke tyd ek nog geen kans gehad het om enige van die gewoonlike vooraf fotos te neem nie. Teen 14:25 is ons uiteindelik uit die kerk uit om die formele fotos te gaan neem.

Ek het solank vooruit gery na die gekose plek (en langs die pad gestop om gou ‘n worsrol te koop. Ek het nie kans gesien vir die afval wat hulle my so rondom 10:00 aangebied het vir brekfis nie). By die foto plek verwag ek toe die bruidspaar en die gevolg. Moenie glo nie. Die hele lot het van die kerk af die bruidskar gevolg. Dis net motors en Taxis en dit raas en toet. Ek was bang diemense van die omgewing gaan ons laat toesluit vir rusverstoring.   Uit die aard van die saak moet ALMAL op die fotos verskyn en dit neem ‘n goeie uur om die handvol groeps fotos te neem en die klomp mense onder my voete uit te kry sodat ek my tyd aan die bruidspaar kan spandeer.

Uiteindelik het ek so veel moontlik fotos so vinning moontlik geneem en teen 16:15 was ons terug by die onthaal saal vir die onthaal wat eintlik 12:30 moes begin het. Teen 17:00, ‘n uur later as wat ek kwoteer het, het ek geloop. Ek was dood moeg.

Ek dink nie ek sal weer ‘n swart troue doen nie. Nie maklik nie. In teendeel , ek is nie baie lus om ooit weer ‘n troue te doen nie.

7 thoughts on “Troues , tyd en kultuur skok

  1. Aw, hoekom nie ooit weer ‘n troue nie? Ek wil graag trou fotos neem. Ongelukkig is dit soos Murphy sê, swart mense se tye is anders as ons sin. Glo my, ek weet….

  2. Interesting to read about it.. but the smell from the kitchen would have sent me racing in the opposite direction. I’m sure your pics were gorgeous though. Have a good week.

  3. Ek eet eerder ‘n skoendoos as afval, sorry vir die fans van binnegoed. Daardie reuk!! Maar lekker gelag vir die res. Dat mens nou so swaar moet kry vir die konfyt op jou brood.

  4. Ek het verlede jaar op die 20ste Desember ‘n swart troue afgeneem(Snaaks, dit was ook my laaste troue gewees).’n Ervaring duisend, maar Afrika tyd… Na 4 ure van speeches het ek ook geloop, want my tyd was verby. 4 ure, en dit was nog net TWEE speeches gewees.Ek gebruik altyd twee kameras, en albei het op ‘n stadium uitgesny agv van die hitte.

Comments are closed.