Boot ry

Hallo al my blog vrinne

Kan julle glo ek is ook hier. Ek lees so tussen in al julle se blogs, maar dit sukkel maar as dit kom by self ‘n blog skryf. Ek ly aan erge interntelossheid by die huis as gevolg van sekere finansiele ou probleempies. En dit gaan maar sukkel sukkel om van die werk af geblog te kry.

Ek hoop almal van julle het n wonderlikke nuwe jaar.

Hier net na Kersfees sit ek saam met Kleinboet by die sleephelling langs die Kariega rivier in Kenton on sea en kyk vir al die mense (en spesifiek die fraaie dames) wat so kom en gaan.

Terwyl ons so sit en die skepping waardeer kom jaag daar ‘n klomp Vaalies in hulle luukse 4×4 met ‘n ski boot op ‘n sleepwa daar aan.  En ons sien sommer so op ‘n afstand die manne (en meisies) is lus vir boot ry. Met groot ‘flair’ word die 4×4 en die sleepwa in tru rat teen die sleephelling af gestuur en die manne spring almal uit om te help. Party maak die boot van die sleepwa los. Party maak biere oop, en ander pak koelbokse en piekniekmandjies in die bootjie. Die manne is nie lus vir tyd mors nie. Alles word blitsvinnig gedoen. Hulle is baie lus vir die gebootryery.

Sommer gou gou is die boot in die water , die 4×4 geparkeer en daar gaat die klomp net net vinnig genoeg om nie heeltemal ‘n brandertjie te maak in die brandervrye zone nie.

Daar sit ek en Kleinboet die bootjie en dophou tot bo by die brug waar hy skielik omdraai. Ons kyk hoe die boot darem nou vinning terug kom na ons kant toe. Dit lyk my die skipper steur hom ook nie meer aan die brandervrye sone nie , want die man lyk darem baie haastig. Amper benoud haastig.

Met groter haas as wat hulle ingepak het spring die manne en meisies van die boot af en begin koelbokse en piekniekmandjies afpak terwyl die bestuurder met groot haas die 4×4 en sleepwa gaan haal en terug stoot om die bootjie uit die water te kry. En ek en Kleinboet sit en wonder hoekom die klomp dan nou skielik glad nie meer lus lyk vir boot ry nie.

Dit het vir my en Kleinbopet so ‘n rukkie geneem om agter te kom dat die klomp Vaalies se skielike teesin in boot ry dalk iets te make het met die water wat agter by die bootjie uitstroom.

Toe al die water mooi uit is het die manne die keer baie seker gemaak dat die uitvloei proppe (bung plugs) veilig terug is voordat almal weer deur die hele petalje van inpak en te water laat gegaan het.

Ek dink nie my en Kleinboet se skaterlag het hulle egos veel goed gedoen nie.

3 thoughts on “Boot ry

  1. nuwe uitleg ?Hy lyk maar nog altyd so. Maar dankie in elk geval.Miskien het jy net nog nooit vantevore die prentjie van oupa Boggom gesien waar hy klavier speel nie.

  2. Slaat my dood, dan was ek heel waarskynlik dronk toe ek laas hier was.O ja jy kan die rooi mus maar afhaal Krismis is oor!

Comments are closed.