Fotos

Hallo julle.

Ek het gedink ek moet met julle so ‘n ietse deel van wat ek in die laaste ruk gedoen het.

Ek het saam met my laaitie LEGO gebou. Ek vrek oor LEGO. nou nog !

En ek het Trou fotos ge redigeer om te kon aflewer vandag.

So. Daar het julle dit nou.  Ek sal seker maar later blog oor die goed wat krap in my binneste. Ek is nie nou in die bui nie. Kom ons sê maar net vir nou dat dit baie kak is om na ‘n leë huis toe terug te keer in die aand na werk. Dis sleg om alleen kos te maak , alleen te eet en alleen te slaap. Ek mis dit regtig om ‘n meisiekind in my lewe te hê.

Maar nou ja. Ek gat nie nou sit en sanik nie. Lekker aand vir julle.

Adoonsie

14 thoughts on “Fotos

  1. Lego’s is cool en kids vervang nie ‘n paar wit boude nie.Wil jy my dogter he? sy is baie mooi maar sy kan nie kook nie.

  2. My liewe Adoonsie.Jy is ‘n kunstenaar met die kamera!En met die legoding.Ek gaan jou huur, as jy beskikbaar is, om my kleinseun legowys te maak.OK?

  3. Lou.Dankie. Dis nie ek wat so kunsitg is met die LEGO nie. daai skraper het my laaitie self gebou. Dis eintlik nogal oulik , jy volg maar net die instruksies en as jy weer kyk dan het jy so ‘n fancy ding gebou.

  4. Sterkte man! Ek glo dat hierdie jaar mooi dinge vir jou sal inhou-so ‘n saamspeel Pa, kreatief met die woord en die lens en boonop ‘n goeie kok ook moet beslis nie los rondloop nie….

  5. Dankie pennestrepe.Ek was nie altyd ‘n saamspeel pa nie (moet ek tot my spyt erken). En ek sien die mannetjie maar min. Sal regtig moet probeer om werk in die Kaap te kry sodat ek nader aan hom kan trek.

  6. Kruiptrekker van formaat daai! Ons het ‘n reuse doeke-emmer vol Lego. Speel steeds elke nou en dan daarmee…

  7. Toe ek ‘n kind was het LEGO ‘n stel verkoop met die naam ‘LEGO Pneumatic’. Een van die LEGO mechanic stelle wat met ‘n klein kompressortjie en suiers en so meer gewerk het. Ek het daai stel begeer met my hele kinderhart. Maar geld was daar nie genoeg nie (Ek dink hy was in ’88 al amper ‘n R1000).Hulle het ook so ‘n alemintige groot Formule 1 motor gemaak met ‘n ratkas en enjin met beweginde suiers. Ek het daai goed darem begeer toe ek klein was.In teendeel. Ek begeer dit nog steeds..

  8. Jou troufotos is ongelooflik mooi. Ek het nooit lego gehad as kind nie, maar sal vandag nogal baie op my gat sit en saam met die kinders bou.

  9. Jou troufotos is ongelooflik mooi. Ek het nooit lego gehad as kind nie, maar sal vandag nogal baie op my gat sit en saam met die kinders bou.

  10. Dankie Kerneels.Daai was beslis nie my beste troue nie. Ek moes maar die beste van n slagte saak maak.Ek sal ook ure sit en LEGO bou. Vreemd genoeg eerder dit as Mecano. My pa het groot geword met Mecano en dit was weer sy gunsteling speelding.

  11. daai handjies wat die lego so sorgvuldig inpas is te dierbaar!Gek oor die troufoto heel onder, jy mag maar ;D

Comments are closed.