Die wereld (selfs die internet) is maar klein

Vandag sou my elfde troudag herdenking gewees het. Behalwe dat ons net voor ons tiende herdenking geskei is. Ek stuur toe vir haar ‘n sms om te sê ek dink aan haar en dat ek dankbaar is dat sy ‘n goeie ma vir ons enigste spruit is.

Sy stuur een terug , en ek besluit om te bel eerder eerder as om nog te SMS . Ons het lekker gesels vir amper 20 minute. En so terloops noem sy dat sy my blog hier op litnet raakgeloop het. Ek is skoon uit die veld geslaan. Hoe op aarde het sy dit hier opgespoor ? Nee, sal ek hoor. Sy het ook een hier op Litnet. Bietjie lanklaas geskryf , maar hy is hier.

EK het haar blog gaan soek en gaan lees. Van agter af tot voor. En gehuil , omdat ek die sprankies hoop raak gelees het wat begin deurskemer na ‘n jaar van depressie en wanhoop.

EK weet sy gaan hierdie ook raaklees. En dit pla my nie. Selfs al is ons geskei sal sy altyd ‘n baie baie sagte plekkie in my hart hê. Sy was vir 10 jaar lank my beste vriend. Ek hoop dat met al my foute was ek ook vir haar. Tot ‘n mate in elk geval.

Dankie my beste vriendin dat jy so ‘n goeie ma vir ons seun is. Dankie dat jy vir hom gesorg het selfs deur die baie depressiewe en wanhoop dae. Ek is bly om weer hoop in jou blogs te lees. Dit was lekker om weer ‘n glimlag in jou stem te hoor. Mag jy vreugde en liefde en vrede tegemoet loop op jou pad vorentoe.’Lovers’ kan ons nie wees nie, maar baie goeie vriende, verseker!

15 thoughts on “Die wereld (selfs die internet) is maar klein

  1. Ag ouboet. Sallie werkie . Sorry. Sy is gay. Dis beter dat ons geskei is. Dan het albei van ons ‘n kans op geluk vorentoe.

  2. Dit lyk asof julle verbaas staan oor die feit dat ek nie vloek en raas en spoeg as ek van haar praat nie.Ons is nie kwaad vir mekaar nie. Ons is en was nog altyd goeie vriende. Ons het nooit baklei nie. Ons was nooit lelik met mekaar nie. Maar n mens kan ook nie vir altyd die leuen van ‘straight’ leef as jy voor jou siel weet jy is gay nie. En glo my die eerste ding wat aftjop as jou vrou eintlik gay is, is jou sekslewe. En een van die bestandele vir n gesonde huwelik is ‘n gesonde sekslewe. ensovoorts , ensovoorts.Glo my maar ouens – dis beter so. Ons kon seker getroud gebly het , maar ek is seker dan was ons albei teen aftrede sulke nors suurgat ou bliksems. En ons is nie so nie.

  3. ai adoons, sterkte en alle voorspoed, sulke dinge is erg baie erg maar ten minste is jul goeie vriende en dit is klaar ‘n groot oorwinning….lekker dag vir jou

  4. Addoonsie, weereens bevestiging van my geloof dat n stukkie papier twee mense ne kan trou nie, en nog minder kan n stukkie papier twee mense werklik skei, die band van liefde is vir ewig, dit verander miskien wel van gedaante, maar dit vergaan nooit..

  5. Dankie vir die kompliment Jan. Dis ‘n wedersydse ding. Ek was ook gelukkig om met haar getroud te wees. Sy is ‘n baie spesiale meisiekind en ‘n wonderlikke mens.Ek dink ons sou/het ‘n perfekte huwelik gehad het as dit nie vir die ou een (groot) probleempie was nie.

  6. Ek bewonder jou insig, Adoonsie.Hoop jy kry iemand wat jou net liefde en vreugde sal bring.Drukkie van my af.

  7. Sterkte swaer… Was ok eenkeer hier deur. (nie getroud nie, maar baie betrokke en toe loop sy weg met ‘n ander girl!) Ek ken daai gevoel van gebrekkigheid – Is dit dalk ek? – maar glo my, dit gaan verby.

  8. Ai Adoons, ek weet nie wat om te se nie, behalwe: Ek waardeer jou! Hoop jy kry gou `n maatjie wat jou kan liefhe soos jy verdien om liefgehe te word

  9. Baie mooi geskryf. Jul spruit is bevooreg om twee sulke ongelooflike ouers te hê, al is hulle nie meer saam nie.

Comments are closed.