Hustler of Penthouse

Een van my kollegas vertel na die vakansie vir ons die storie. Hy en sy skoon ouers het oor Desember saam gaan kamp met die karavane.

So kom hy een middag terug geloop na die karavaan toe met n tydskrif onder die arm. Met die intrap slag wil skoonpa weet of dit dalk ‘n Hustler of ‘n Penthouse is.

Nee reken my kollega, dis ‘n Weg , maar dis eintlik maar dieselfde tipe ding. Hy wys ook maar vir jou fotos van plekke wat jy nooit self sal sien nie.

13 thoughts on “Hustler of Penthouse

  1. Jou doring!!!! dink ook maar aan Adoonsie se skoonpa wat nie aldag die kans het om opwindende plekke te besoek nie.

  2. Toe ek oudste seun takties betig omdat ek een in sy kas opgemerk het, was hy ewe takties: “Was pa nooit jonk nie?”

  3. Nee Zeppie, ek het nie. Beide Weg en goed soos Hustler en Penthouse laat my verlang na plekke wat ek dalk in ‘n lang tyd nie gaan sien nie, so ek vermy maar die tipe tydskrifte. ;o)

Comments are closed.