Vir my beste vriende paartjie in Bloem . Ek weet dis nog nie amptelik nie en vir die oomblik nog streng geheim.
Maar daai ( | | ) is fantastiese nuus !!!.
Ek glo en bid dat alles voor die wind sal gaan.
EDIT : nee jong , lyk my ek sal maar ‘n beter prentjie moet bysit. As ek so na die eerste klomp kommentaar kyk dan het julle net rugby op die brein.
Dis die prentjie wat hy vir sy ma hulle ge MMS het. Wonder of ma hulle die boodskap gesnap het ?
Maak dit amptelik. Iets met die Cheetas te doen?
Verskoon tog vir Ouboet, hy het mos a one track mind! (rugby)Ek hoop dat alles sal goed afloop, whatever dit is.
Vertel vertel!!!!! Ek belowe ek sal vir almal vertel om te onthou dat as hulle dit oorvertel moet hulle ook vertel dis nog ‘n geheim.Belowe!hehe
One track mind met ‘n tracebare rekord. Blou is bo.
Yes. Super 14 2010 en 2011 wereldbeker se bekers kom huistoe, albei onder leiding van die bulle.
Nee jong , julle klomp het ook net rugby op die breinEk het die pos ge – edit. gaan loer maar weer.
Onthou my profetiese woorde
Watch it! ‘n Wenverhaal in wording.
Baie geluk!