Triangles

Bikerdinge se blog vroeer oor die man wat so sukkel met die brits laat my dink aan ‘n storie uit my kinderdae. Vriende van my pa hulle was vreelik lief vir toer. Die wêreld vol gery en gevlieg en orals vakansie gehou.

So kom dit dat Dawie* (skuil naam) en sy vrou besluit om met hulle nuwe VW kombi oor die grens in Mosambiek te gaan vakansie hou.  Die Kombi word by die handelaar afgehaal en gepak en daar gaan hulle. Met papier nommers.

By die grens is die grenswagte vreeslik moeilik oor die nuwe kombi. En Dawie moet al die paiere wys. En die spaarwiel. En die Domkrag. En weer die Papiere.  Dawie se brits is nie te goed nie. Hy boer in die Vrystaat en daar praat die boere nie brits nie. Al wat hy omtrent kan uit kry is ‘Yus’ en ‘No’.En uit die aard van die saak gebeur al die ondervraginge in brits.

Toe soek die grens man die triangles. En hy soek triangles en Dawie kom nie met die triangles vorendag nie. Tot arme Dawie uiteindelik sy ratkas strip en die knaap in sy beste poging tot brits aanspreek. “Listen , man”, seg hy” I try angles and I try angles, why for you don’t try Afrikaans for change ??!”

Advertisements

Nog ‘n dag , nog ‘n ding.

Hallo my blogland vriende. Ek leef nog – kan julle glo ? Ek is maar so skaars op die oomblik omdat ek ly aan ‘internetloosheid’ by die huis , en daar is nie tyd om te blog by die werk nie.

Ek lees darem so tussen in al julle se blogs hoor.

Julle moet tog maar vir Adoonsie in julle gedagtes en gebede hou asb. Ek het so ‘n rustelossheid en gatvolgeit oor my.  Ek dink dis tyd om ‘n skuif te maak. Ek soek werk in die Kaap. Sodat ek nader aan my laaitie kan bly. Dis nie goed vir hom om sy pa so min te sien nie.

Maar ai , die werksoekery sukkel maar. Adoonsie se selfbeeld is nie vreeslik goed op die oomblik nie , en ek sukkel maar om te glo dat ek ‘n ander werk êrens sal kan kry. Julle moet tog maar bid dat die Vader vir my êrens ‘n ou deurtjie oopmaak en so aan.

Jislaaik julle , en alleen wees so oor naweke is darem nie lekker nie. Hoop nie ek gat vir die res van my lewe sonner ‘n meisiemens moet klaar kom nie.

nou ja

Lekker dag vir julle almal hoor.

Adoonsie