Nog ‘n dag , nog ‘n ding.

Hallo my blogland vriende. Ek leef nog – kan julle glo ? Ek is maar so skaars op die oomblik omdat ek ly aan ‘internetloosheid’ by die huis , en daar is nie tyd om te blog by die werk nie.

Ek lees darem so tussen in al julle se blogs hoor.

Julle moet tog maar vir Adoonsie in julle gedagtes en gebede hou asb. Ek het so ‘n rustelossheid en gatvolgeit oor my.  Ek dink dis tyd om ‘n skuif te maak. Ek soek werk in die Kaap. Sodat ek nader aan my laaitie kan bly. Dis nie goed vir hom om sy pa so min te sien nie.

Maar ai , die werksoekery sukkel maar. Adoonsie se selfbeeld is nie vreeslik goed op die oomblik nie , en ek sukkel maar om te glo dat ek ‘n ander werk êrens sal kan kry. Julle moet tog maar bid dat die Vader vir my êrens ‘n ou deurtjie oopmaak en so aan.

Jislaaik julle , en alleen wees so oor naweke is darem nie lekker nie. Hoop nie ek gat vir die res van my lewe sonner ‘n meisiemens moet klaar kom nie.

nou ja

Lekker dag vir julle almal hoor.

Adoonsie

11 thoughts on “Nog ‘n dag , nog ‘n ding.

  1. Sal bid en duimvashou dat jy doerie kant toe kan gaan.Dalk is jy juis nou sonder ‘n meisiemens, omdat jou bestemming nie is waar jy NOU is nie, maar daar waar jy graag WIL wees. En wie weet, dalk wag jou meisiemens ook daai kant op jou.Sterkte met die selfbeed-werksoekery. Ek is ook in daai bootjie. En daar is net een roei spaan. hehe

  2. TherinaDis nou waar die probleem inkom nê? Met daai aggresief bemark deel. Ek is bevrees my selfbeeld is maar effens moer toe op die oomblik, so ek gat wragtag sukkel om myself aggresief te bemark.Ek besef al hoe meer dat ek naby aan my laaitie moet wees. My ex sê hoeka gisteraand vir my dat hy deesdae bid in die aande dat sy pa ‘n werk in die kaap moet kry.En ja , ek sal nie omgee om ‘n oulike meisiekind in die kaap te ontmoet nie😉 . Hier waar ek nou is is hulle maar skaars.

  3. Thx tjom.Ek en jou nie , behalwe van blogs af, maar ek reken ek en jy sal lekker baie koffie saam kan opdrink. Behalwe as jy vir my gaan oom sê! Is jy regtig soveel jonger as ek ? Aan jou skrywes het gedink jy moet omtrent my ouderdom wees.;o)

  4. Wel, as jy baie koffie drink het ons nog iets in gemeen. En sover ek verstaan bly jy op die oomblik in my grootword dorp. Die ouderdom. Seker nie heeltemal soveel jonger nie.Ek word een van die dae 30.

  5. Verseker drink ek baie koffie.En ek is 33. Miskien sal ons eendag kans kry vir koffie drink. My (ex)skoonmense is daar in Vaalpark (naby Sasolburg) – volgende keer as daar gaan kuier sal ek jou laat weet , dan is ons dalk naby genoeg aan mekaar om n plan te kan maak.lekker dag vir jou

  6. Ons maak so plan. Ek kyk letterlik op Vaalpark, alhoewel ek aan die anderkant van die rivier sit.En November is ek daar in jou dorp vir ‘n troue(al my pa se familie is daar)Maar ek glo en vertrou jy is teen daai tyd in die Kaap by jou laaitie.

Comments are closed.