Triangles

Bikerdinge se blog vroeer oor die man wat so sukkel met die brits laat my dink aan ‘n storie uit my kinderdae. Vriende van my pa hulle was vreelik lief vir toer. Die wêreld vol gery en gevlieg en orals vakansie gehou.

So kom dit dat Dawie* (skuil naam) en sy vrou besluit om met hulle nuwe VW kombi oor die grens in Mosambiek te gaan vakansie hou.  Die Kombi word by die handelaar afgehaal en gepak en daar gaan hulle. Met papier nommers.

By die grens is die grenswagte vreeslik moeilik oor die nuwe kombi. En Dawie moet al die paiere wys. En die spaarwiel. En die Domkrag. En weer die Papiere.  Dawie se brits is nie te goed nie. Hy boer in die Vrystaat en daar praat die boere nie brits nie. Al wat hy omtrent kan uit kry is ‘Yus’ en ‘No’.En uit die aard van die saak gebeur al die ondervraginge in brits.

Toe soek die grens man die triangles. En hy soek triangles en Dawie kom nie met die triangles vorendag nie. Tot arme Dawie uiteindelik sy ratkas strip en die knaap in sy beste poging tot brits aanspreek. “Listen , man”, seg hy” I try angles and I try angles, why for you don’t try Afrikaans for change ??!”

7 thoughts on “Triangles

  1. Ha Ha – ja nee wat – hier in die middel van die land rond is die Engels maar nie altyd so goed nie! Sal vannaand so bietjie opvang op jou blog.

  2. Ek weet .Ek het groot geword in Bloemfontein. Ek is vlot tweetalig, maar ek besef dat dit die uitsondering eerder as die reel is daar innie binneland.

Comments are closed.