Toegekampte bome

Nou ja , vir al die van julle wat my die laaste tyd so gepla het om iets te kom griffel :

My boet was van kleins af ‘n regte plaatjie. ‘n Karakter trek wat hy nou nog in sy volwasse lewe gereeld gebruik en soms dalk effens misbruik.

So kom dit dat boetie as ‘n wildsgids op een van die grootste wildsplase hier in die Oos Kaap werk. En hoewel hy die werk vreeslik geniet het , het hy hom tog sou nou en dan vreeslik opgewerk oor die Ingilse toeriste wat soms sulke snaakse en selfs dom vrae kan vra. Een groep het die dag behoorlik sy siel versonding met al hulle dom vrae , en toe die groep op ‘n stadium verby ‘n enkele boom ry wat toegekamp is met wildsdraad wil hulle opsluit weet hoekom die boom dan so afgekamp is.

Opsigself was dit seker ‘n heel normale vraag om te vra en as hullle effens verder gedink het sou hulle dalk self besef het dat seker gedoen wordom die boom teen Olifante en ander vernielsugtiges te beskerm. Boetie is teen die tyd nou al klaar moeg vir al hulle vrae en voor hy hom kan bedink is die antwoord uit.

“Nee, ” seg boetie sonder om ‘n oog te knip, ” daardie is ‘n baie skaars boom bekend as ‘n migratory tree , en hulle het hom nou maar toegekamp want die eienaars van die wildsplaas is nou heeltemaal gatvol daarvoor om elke winter die boom op die buurplaas se grond te moet gaan terughaal.”

Advertisements

Naweke

Hallo my blogland vrinne.

Ek het ‘n paar mense gehad wat ingeloer het en gevra het dat ek iets moet kom skryf. Ek wens ek kon. Ek moet eerlik wees my menswees is op die oomblik maar so effentjies gestrem. En dit beteken dat my lus vir skryf en kreatief wees ook heel in sy glorie is.

Die ding is, deur die week kom ek nie rerig by blogs uit nie. Ek loer so tussen my werk deur op die werk se rekenaar na die blogs en ek sal so nou en dan vinnig kommentaar lewer, maar ek kry nie regtig kans om op my eie blog iets te kom skryf nie. Dit moet ek eintlik oor naweke doen.

Maar ai julle , naweke is vir my op die oomblik ‘n erge marteling.  Ek is dankbaar vir die tyd weg van die werk af sodat ek kan rus, maar die vet weet , die alleen wees oor naweke vang my sleg.  Ek het goeie vriende hier in my dorpie, maar ek kan ook nie heel naweek op hulle nekke lê nie, hulle het immers hulle eie lewe ook.

Die ergste is Vrydag net na werk as ek in my ou huisie instap en ek besef daar lê weer ‘n hele naweek van alleen wees voor. En Sondae middae. Daai Sondae middae waar jy gewoonlik saam met jou liefie sou cuddle , of bietjie slaap, of saam ‘n chick fliek kyk op ‘n krismisbed.  Dis die ergste.

Maar, dit is so, dat ek al erger dinge in my lewe oorleef het. Ek weet ek sal die fase ook oorleef.  Dit raak net soms moeilik om nie moedeloos te word nie.

Nou ja m ek hoop julle het ‘n lekker aand en ‘n lekker naweek. En vir die van julle wat gelukkig getroud , gekys of verloof is : ek hoop julle besef hoe bevooreg en geseënd julle is om ‘n maatjie te hê.

kan julle nou meer ?

Kan julle dit nou wragtag glo ? Adoonsie is terug op die lug. Ek het uiteindelik die kans gekry om my internetloosheid aan te spreek en weer my internet by die huis aan die gang te kry.

Nie dat dit nie sonder stampe en stote gegaan het nie hoor. Ek gebruik ‘n MTN prepaid simkaart op ‘n data modem. En my vorige simkaart het verval nadat ek nie ‘n oproep op hom gemaak het in 90 dae nie. (Hy is permanent in my modem). Nou ja , so het ek toe ‘n nuwe simkaart gaan koop vir 50c.

En Saterdag aand by die huis was ek vuur en flam om my internet weer aan die gang te kry. Maar nee ! intussen het die goewerment in sy alwysheid mos besluit dat ek vir een of anner girl met die naam Rica moet vertel wie ek is en waar ek bly voor ek my nuwe simkaart mag gebruik. En glo my vry , ek het tussen Saterdag aand en vanmiddag die goewerment en vir Tannie Rica met al hulle moere gevloek so ver as wat ek kon. Want om nou op die dorpie van my ‘n plek te kry wat weet wie is tannie Rica, en hoe mens met haar kontak maak, is ‘n onbegonne taak. Op die ou end het dit my gekos en ry Port Elizabeth toe om daar iemand te gaan soek wat vir tannie Rica ken.

Gelukkig was dit toe ook ‘n goeie verskoning om eers daar by Hobie beach ‘n draai te gaan maak en so bietjie rondom die ou pier te gaan snorkel. Baie lekker gesnorkel , en baie vissies gesien. En ‘n kreef ! kan julle glo ?

In elk geval…. duidelik het ek niks opwindends om vir julle te vertel op die oomblik nie, so ek het maar net gedog ek sal kom hallo sê. En dan gaan ek maar weer waai. Miskien is daar ‘n lekker fliek op Tv vanaand.