kan julle nou meer ?

Kan julle dit nou wragtag glo ? Adoonsie is terug op die lug. Ek het uiteindelik die kans gekry om my internetloosheid aan te spreek en weer my internet by die huis aan die gang te kry.

Nie dat dit nie sonder stampe en stote gegaan het nie hoor. Ek gebruik ‘n MTN prepaid simkaart op ‘n data modem. En my vorige simkaart het verval nadat ek nie ‘n oproep op hom gemaak het in 90 dae nie. (Hy is permanent in my modem). Nou ja , so het ek toe ‘n nuwe simkaart gaan koop vir 50c.

En Saterdag aand by die huis was ek vuur en flam om my internet weer aan die gang te kry. Maar nee ! intussen het die goewerment in sy alwysheid mos besluit dat ek vir een of anner girl met die naam Rica moet vertel wie ek is en waar ek bly voor ek my nuwe simkaart mag gebruik. En glo my vry , ek het tussen Saterdag aand en vanmiddag die goewerment en vir Tannie Rica met al hulle moere gevloek so ver as wat ek kon. Want om nou op die dorpie van my ‘n plek te kry wat weet wie is tannie Rica, en hoe mens met haar kontak maak, is ‘n onbegonne taak. Op die ou end het dit my gekos en ry Port Elizabeth toe om daar iemand te gaan soek wat vir tannie Rica ken.

Gelukkig was dit toe ook ‘n goeie verskoning om eers daar by Hobie beach ‘n draai te gaan maak en so bietjie rondom die ou pier te gaan snorkel. Baie lekker gesnorkel , en baie vissies gesien. En ‘n kreef ! kan julle glo ?

In elk geval…. duidelik het ek niks opwindends om vir julle te vertel op die oomblik nie, so ek het maar net gedog ek sal kom hallo sê. En dan gaan ek maar weer waai. Miskien is daar ‘n lekker fliek op Tv vanaand.

8 thoughts on “kan julle nou meer ?

  1. Slumdog Millionair is nou op MNET.Ek het maar geloop, want die geweld is vir my te erg.Hoop jy geniet dit.

  2. LOL , JanOns sal maar moet sien , dit hang ongelukkig ook sterk af van die stand van my finansies.

  3. Ek het ook die prepaid ding gedoen. Maar sjoe, hulle besteel mens lekker. Gelukkig het ek ‘n vriendin(haar naam is nie Lisa nie. hehe) wat ‘n spaar simkaart gehad het wat ek nou kan gebruik. So, Rica, Fica en Tika was darem nie deel van my probleme nie.

  4. Ai , die druk raak al hoe erger.Ek sal seker maar plan moet maak om iets kom griffel. Maar wat ? Dis die groot vraag.

  5. Adoonsie, jy het vir my iets baie opwindend vertel. ‘n Mens kan gaan snorkel by Hobie Beach. Yay! Volgende keer as ons Baai toe gaan.

  6. JoannaEk is baie bly ek kon jou iets leer. Swem uit so al teen die ou pier af daar waar hy in die water ingaan.Ons het die meeste visse en goodies gesien so naby die eerste sement torings. Jy kan dieper ingaan (ons het tot by nr 3 geswem) maar dis nie rerig die moeite werd nie.Hoop julle kry lekker sigbaarheid as julle gaan.

Comments are closed.