Naweke

Hallo my blogland vrinne.

Ek het ‘n paar mense gehad wat ingeloer het en gevra het dat ek iets moet kom skryf. Ek wens ek kon. Ek moet eerlik wees my menswees is op die oomblik maar so effentjies gestrem. En dit beteken dat my lus vir skryf en kreatief wees ook heel in sy glorie is.

Die ding is, deur die week kom ek nie rerig by blogs uit nie. Ek loer so tussen my werk deur op die werk se rekenaar na die blogs en ek sal so nou en dan vinnig kommentaar lewer, maar ek kry nie regtig kans om op my eie blog iets te kom skryf nie. Dit moet ek eintlik oor naweke doen.

Maar ai julle , naweke is vir my op die oomblik ‘n erge marteling.  Ek is dankbaar vir die tyd weg van die werk af sodat ek kan rus, maar die vet weet , die alleen wees oor naweke vang my sleg.  Ek het goeie vriende hier in my dorpie, maar ek kan ook nie heel naweek op hulle nekke lê nie, hulle het immers hulle eie lewe ook.

Die ergste is Vrydag net na werk as ek in my ou huisie instap en ek besef daar lê weer ‘n hele naweek van alleen wees voor. En Sondae middae. Daai Sondae middae waar jy gewoonlik saam met jou liefie sou cuddle , of bietjie slaap, of saam ‘n chick fliek kyk op ‘n krismisbed.  Dis die ergste.

Maar, dit is so, dat ek al erger dinge in my lewe oorleef het. Ek weet ek sal die fase ook oorleef.  Dit raak net soms moeilik om nie moedeloos te word nie.

Nou ja m ek hoop julle het ‘n lekker aand en ‘n lekker naweek. En vir die van julle wat gelukkig getroud , gekys of verloof is : ek hoop julle besef hoe bevooreg en geseënd julle is om ‘n maatjie te hê.

2 thoughts on “Naweke

  1. Ai Adoons – dit vat ‘n rukkie om aan te pas, maar ek stem saam met Therina – kom gesels dan met ons!

  2. Dankie Sandi.Ek is nou op ‘n jaar en 3 maande. En party kere gaan dit beter as ander.Ons sal maar sien wat die Vader vir my vorentoe het. Ek hoop jy hou lekker vakansie daar in Kaapstad. En as jy een soek , dan hoop ek dat daar vir jou ook ‘n maatjie wag in jou toekoms.

Comments are closed.