Toegekampte bome

Nou ja , vir al die van julle wat my die laaste tyd so gepla het om iets te kom griffel :

My boet was van kleins af ‘n regte plaatjie. ‘n Karakter trek wat hy nou nog in sy volwasse lewe gereeld gebruik en soms dalk effens misbruik.

So kom dit dat boetie as ‘n wildsgids op een van die grootste wildsplase hier in die Oos Kaap werk. En hoewel hy die werk vreeslik geniet het , het hy hom tog sou nou en dan vreeslik opgewerk oor die Ingilse toeriste wat soms sulke snaakse en selfs dom vrae kan vra. Een groep het die dag behoorlik sy siel versonding met al hulle dom vrae , en toe die groep op ‘n stadium verby ‘n enkele boom ry wat toegekamp is met wildsdraad wil hulle opsluit weet hoekom die boom dan so afgekamp is.

Opsigself was dit seker ‘n heel normale vraag om te vra en as hullle effens verder gedink het sou hulle dalk self besef het dat seker gedoen wordom die boom teen Olifante en ander vernielsugtiges te beskerm. Boetie is teen die tyd nou al klaar moeg vir al hulle vrae en voor hy hom kan bedink is die antwoord uit.

“Nee, ” seg boetie sonder om ‘n oog te knip, ” daardie is ‘n baie skaars boom bekend as ‘n migratory tree , en hulle het hom nou maar toegekamp want die eienaars van die wildsplaas is nou heeltemaal gatvol daarvoor om elke winter die boom op die buurplaas se grond te moet gaan terughaal.”

6 thoughts on “Toegekampte bome

  1. Therina, Jy is doodreg. Blykbaar het een van hulle die volgende oggend na hom toe gekom en kom vra, want iets oor die boom wat so wegloop het hom gepla.

Comments are closed.