Wat de ongeluk ?

Na aanleiding van iets wat ek op Gladdebande se blog gelees het. Ek meen regtig. wat vir n absolute onnosel ‘slogan’ is “Feel it , it is here” ????!!!!!

Dis amper so erg soos daardie ander absolute wenner vir een of anner sanitere doeke :”Have a happy period!”. Wie is die gesuipte mense wat die crap uitdink ??

8 thoughts on “Wat de ongeluk ?

  1. Ons het ook die naweek gespot oor die “have a happy period” een. Toe sê my moedertjie sy is altyd happy as Gatvliegie haar period* kry, want ten minste weet sy daar is nie ietsie op pad nie.*Skies, dit klink plat en kommin, maar die woorde is aangepas om by die slogan in te pas.

  2. “Wie is die gesuipte mense wat die crap uitdink ?”Hulle werk vir advertensie agente – hulle is waarskynik nie gesuip nie, maar het boom gerook virrie verskriklike stress vannie joppie – om die heel tyd so verskriklik oorpronklik te wees issie maklik nie, jy weet.Nice pos:-)

  3. Hi TherinaAg jong. Dis maar een van daai dinge. As ek eers begin kerm gat julle moeg raak v my. nou bly ek maar eerder stil tot ek iets ordentliks het om te sê.

  4. Haha , ja nee. Die ou wat daai een uitgedink het , het seker nie baie uit te waai met vrouemense nie. Die vet weet , hulle is gewoonlik alles behalwe happy op daai stadium.Ek verstaan moederlief se reaksie.

  5. Thx Henry. Dis vreemd hoe mens of uitstekende advertensies of uiters flou advertensies kry. Asof wanneer die ouens se kreatiewe ‘juices’ hulle die dag in die steek laat , dit hulle toetaal en al verlaat.

  6. Ek dink weer dis een van die waarste gesegtes wat ek in n lang tyd gehoor het want ek dink ek voel dit reeds aan my sak en gaan dit nog vir jare na die tyd voel. Ek moet by voeg dit irreteer die (drie letter woord jy kan kies)uit my uit.

Comments are closed.