Kom ek speel ook maar saam

Ek het nog nooit vantevore nie.  maar nou ja …

THREE THINGS ABOUT ME:

1 Ek is Tegnies aangelê maar ek doen nie ‘n tegniese werk nie.

2 Ek was ‘n Jeugwerker in die NG kerk – baie jare terug

3 Ek kan agteruit op ‘n fiets ry deur op die ‘handlebars’ te sit en te trap met my rug na die voorwiel toe.

 

A THREE NAMES I GO BY:

1  Pappa

2  Teddiebeer (toe ek nog getroud was)

3  H……. (kom ons los dit maar daar)

 

B THREE PLACES I’VE BEEN:

1  In ‘n Rally kar

2  In ‘n Helikopter sonder ‘n deur  (besig om fotos te neem)

3  In ‘n Cessna 172 sonder n deur (besig om fotos te neem)

 

C THREE THINGS I LOVE TO WATCH:

1 Die see

2 ‘n mooi meisiekind* wat goed voel oor haarself

3 ‘n Rally motor met ‘n man wat kan agter die stuur

 

D THREE PLACES I HAVE LIVED:

1 Macassar (Kleurling area naby Somerset-Wes – Ons was die enigste whities in die area)

2 Centurion

3 Bloemfontein

 

 

E THREE PEOPLE WHO EMAIL ME REGULARLY:

1 ABSA, FNB, NEDBANK, STANDERDBANK – Hulle is almal vreeslik besorg oor my internet banking passwords. Ek ook. Hulle voel vreesli kafgeskeep omdat ek nooit hulle emails lees nie.

2 Mense wat dink ek het viagra en een of anner pomp nodig.Miskien moet ek my internet passwords vir hulle gee dan sal hulle sien dat ek nie hulle produkte kan bekostig nie.

3 Een of anner anti wat se man dood is en baie geld gesteel het wat sy die land wil uit smokkel. Miskien moet ek die mense van die pompe se details vir haar gee – dan kan sy daai baie geld gebruik om aandele in hulle produkte te koop.


F THREE THINGS I LOVE TO EAT:

1 Cadbury Marshmallow paaseiers

2 VLEIS

3 Inside story

 

G THREE PEOPLE I THINK WILL RESPOND:

1 Drie mense ???

2 Ek kan nie dink aan nog een wat dalk sal respond nie.

3 …

 

H THREE THINGS I’M LOOKING FORWARD TO:

1 om so ‘n meisiekind* wat goed voel oor haarself te ontmoet.

2 om eendag weer nookie te hê – as ek eendag weer getroud is.

3 Middagete

*Net voor iemand my van pedofilie wil beskuldig. die woord meisiekind word met baie respek gebruik vir ‘n mooi jong dame van omtrent my eie ouderdom.

3 thoughts on “Kom ek speel ook maar saam

  1. Dankie murphy. As ek so aanhou om daaroor te blog gaan julle op ‘n stadium begin dink dis al waaroor my lewe gaan. Dit is nie , hoor.Sal maar geduldig moet wag en sien.

  2. Ek het ook op skool die hoogste “meganies” aangelê getoets in my klas – het nogal vir ‘n hele paar verbaasde wenkbroue gesorg… en ‘n nul persent aanleg vir skryf! :)Wil ook nog eendag bietjie die wêreld uit ‘n heli en ‘n klein vliegtuige bespied… die ou groot lugvoëls vlieg te hoog!OP die mense wat jou gereeld e-mail kan ek ook maar net saamlag – ek kry hulle ook almal… so asof ek die een is wat die viagra of pompie nodig het… En ek het ook al in die laaste 3 weke seker elke lotto wat oor die aardbol heen gespeel word gewen.. en ‘n dokter uit Zim wil ook vreeslik graag sy rykdom met my deel – ja right!Mooi middag vir jou!

Comments are closed.