My voorstel aan die Verkeers departement.

Geagte Verkeers Departement

Na jare se deeglikke studie (ek bestuur darem al ‘n hele klompie jare, so ek het eerstehandse ondervinding) van die  gebruikers van ons land se paaie wil ek graag aan u die volgende voorstel rig. Ek is oortuig dat indien U my voorstel sou implementeer dit die ongeluk syfer op ons land se paaie drasties sou verminder. Op die minste sou dit baie van ons ander pad gebruikers (en veral myne) se bloedruk baie laat sak wat goed sal wees vir die gesondheid van ons algemene bevolking.

Ek stel dus dan soos volg voor :

Dat u as verkeers departement die persone wat onder die volgende groepe val se bestuurs lisensies summier terug trek en hulle voertuie konfiskeer. In ruil vir hulle voertuie mag die persone elk ‘n trap fiets, spesifiek ‘n ou 28 dikwiel, ontvang. Die voertuie wat gekonfiskeer is kan verkoop word om die kostes van die fietse te dek. Die geld wat oorbly kan U dan aanwend om die slaggate in ons paaie reg te maak.

Die groepe wat, soos hierbo uiteengesit is, hanteer moet word is dan soos volg:

  • Enige middeljarige blanke man in enige BMW produk , spesifiek enige BMW X.. model. En beslis nog as daardie motor ‘n MP of GP registrasie het.
  • Enige jong swart juppie in enige Volkswagen produk. Veral 1.6 Polo classic of Polo en Golf GTi ‘s
  • Enige Indieer dame in ‘n enige form van Mercedes Kompressor.
  • Enige swart dame in ‘n Toyota Camry of VW Polo.

Ek hoop dat U my voorstel gunstig sou oorweeg.

Die Uwe

Adoons Bobbejaan.

13 thoughts on “My voorstel aan die Verkeers departement.

  1. En wat van die omies met die hoedjies op? En die tannies met die pers hare wat net-net oor die stuurwiel kan sien? En die “piele en wiele”-outjies?

  2. Mooi man! as jy nog net die mikrobus bestuurders ook insluit, sal dit amper wees soos innie hemel!

  3. Na aanleiding van Mariana se kommentaar. Ek onthou eendag ‘n ou omie in ‘n Datsun bakkie met ODD (Dealesville) nommers in Bloemfontein se 3 baan hoofstraat.Die ou baas was in die middel baan met sy noodflikkers aan , en seker op soek na ‘n spesifieke adres want hy het teen 40 km/h eers links en dan regs oor al drie bane gery terwyl hy links en regs gesoek het na die adres.Die verkeer was vir 300m in drie bane agter hom opgedam. Almal was te bang om hom te probeer verbygaan.

  4. Hallo Adoons. Ek dink elke keer as ek hier lees ek moet onthou om die seuns aan TO Honiball bloot te stel…en dan vergeet ek weer! Iewers moet my kinderplate ook nog wees – wonder of mens nog spelers kry?Lekker naweek!

  5. EK verkies die boeke.Die groot deel van sy humor was in sy tekeninge. My Pa het al drie die Adoons en die Jakkals en Wolf boeke. Ek dink ek sal moet begin skimp vir my erfporsie. Die oubaas pas die goed soos goud op.Dankie vir die inloer.

  6. Wat – ek dog oom Dana is jakkals en Wols se Vader – nie geweet dit is in boekvorm. Wie het dit dan geskryf?

  7. NopeOom Kaspaas , Jakkals en Wolf, Adoons hulle is almal T.O Honniball se werk. Oom Dana het dit dalk vir die Radio gelees, maar Honniball het dit geskep.loer hier : http://af.wikipedia.org/wiki/Thomas_Ochse_HoniballOen ek sien die boeke is beskikbaar by kalahari.nethttp://www.kalahari.net/books/-T-O-Honiball-trilogie-Oom-Kaspaas-Jakkals-en-wolf-Adoons-hulle/33107/32815559.aspx

  8. Dankie tog, ek het nie een van daai nie. Net die GP nommerplaat, maar hy hang nie aan ‘n BMW nie.

  9. Ek hoop hierdie lys val op die regte lessenaar en dit maak so hewige lawaai die ou skrik wakker …

  10. Ek sekondeer! En asb ook alle ou omies wat met ‘n hoed op bestuur! Het my mos juis amper die hiernamaals in gestamp toe ek klein was!

Comments are closed.