Lettercrash se gogas – ‘n oplossing

Nou ja

Ek het ‘n oplossing gevind vir die probleem. Ek het die volgende link opgemaak , en hy neem jou na die regte begin van die blog lys.  Toe het ek dit in my ‘favourites’ gaan save. So van nou af gaan ek nie op blogs.litnet click nie , maar op die link wat my dan na die regte bladsy neem.

Vir die wat belang stel – kliek hier : http://blogs.litnet.co.za/Home/More?tabId=1&selId=1

Lettercrash se goggas

Ek wonder of julle al ook die probleempie opgetel het.

As ek op lettercrash se voorblad land sien ek die eerste 10 nuutste blogs vir daardie oomblik. Dan kliek ek op die ‘volgende’ link wat  dan veronderstel is om my na die volgende blogs te neem. Maar dit doen nie. Ek eindig dan op bladsy 2. As ek op die ‘1’ kliek vir bladsy een dan sien ek die eertse 10 blogs soos voorheen  plus die ander 20 blogs tussen nr een en bladsy twee.

Dit irreteer die daglig uit my uit, want dit beteken dat ek gereeld uitmis op blogs wat onlangs op gedateer is.

I ek alleen – of het julle dit ook al agtergekom ?

Fotos

Nou ja. Vir almal wat tog se gekla gevra het vir fotos. Hier is so ‘n klompie. Hoop julle geniet dit. Dis vrek baie werk om die goed hier op te sit – Letter crash is nie die lekkerste platvorm vir fotos hanteer nie.

JAGLUIPERD – Shamwari Private Game Reserve – Oos Kaap

LEEUMANNETJIE – Shamwari

VOLKSWAGEN – OSRAM Rally Dewetsdorp

MAANSOPKOMS – Swartkops Pad  – PE

POMPSTASIE – Sandrivier dam – Oos Kaap

WEERLIG – Uitenhage  – Oos Kaap

DWARSVLEI – Langs die N1 – Naby Middelburg

SONSAK – Riepoort – Victoria Wes Distrik

SPRINGMIELIE

NG KERK – Phillidelphia – Wes Kaap.

‘OUTA IN DIE LANG PAD’ – Hex Rivier Vallei – Wes Kaap

DOGTERTJIE OP DIE SPOOR – Hex Rivier vallei – Wes Kaap

HEX RIVIER VALLEI – Wes Kaap

HARVARDS IN FORMASIE – Stellenbosch (FASH)

MEERKAT- Bloemfontein

APPEL MET ‘N PYL GESKIET

JAGLUIPERD- Soetdoring Natuur reservaat – Bloemfontein

2 JAGLUIPERDS – Soetdoring Natuur reservaat – Bloemfontein

Liewe aarde

Goeie genugtug.                                                               

Wat de ongeluk ?                                    

Ek kan dit nie glo nie.

Ek is ge’tag’. Vir die eerste keer in my blog lewe. (wat dalk langer is as wat julle dink).

FOXY het my getag as ‘n Versatile blogger , of so iets.

En nou moet ek blykbaar 7 goete oor myself te sê hê wat julle dalkies nie van my weet nie.

Nou ja – kom ons probeer.

  1. Ek is gebore en het groot geword in Bloemfontein.
  2. Ek het rekenaar stelsel ingeneurswese ge’swot’ by Technikon Vrystaat , maar opgeskop aan die einde van my eerste jaar.
  3. Ek kan baie mooi sing (al moet ek dit nou self sê) en het A+ gewen in Nasionale kunswedstryd op skool.
  4. Ek wens ek kon klavier of ‘n ander instrument speel, maar ek het nie die krag / wil / uithou vermoe om te leer nie
  5. Ek begeer dit om ‘n Motorfiets te besit (BMG 1200GS Adventure, Yamah Super Tenere, een van daais)
  6. Ek het my eerste SLR kamera gekoop toe ek 22 was en myself leer fotos neem.
  7. EK het vir 4 jaar lank my lewe gemaak uit fotografie. Miskien doen ek dit weer oor ‘n jaar of wat.

EK gaan niemand Tag nie.

Nee wag

Ek gaan.

Kerneelsie –  jy is aan.

As jy kan speel by die werk

Partykeer dan kry ‘n mens kans om te speel by die werk. En dit in die naam van navorsing.

Die fotos is hier en daar gedokter om die (on)skuldiges te beskerm en nie werks geheime weg te gee nie.

En kyk hoe lekker tel hy daai agter voetjie op..

EDIT : Die gebeuere in die fotos hierbo het nie op publieke paaie plaas gevind nie!. Die voertuig in die fotos is bestuur onder gekontroleerde toestande en met veilghied as eerste oorweging.  Soos hulle altyd op Tv sê “PLEASE DO NOT TRY THIS AT HOME !” 

Terwyl ek nou so met fotos brag

Hier is ‘n paar van ‘n troue wat ek so 4 weke terug geneem het. Die bruid wou graag haar fotos neem in ‘n uitgebrande huis. Ek was vuur en vlam (haha) om dit te doen want ek het geweet dit gaan mooi uit werk. MAar selfs ek het nie besef dit gaan so goed werk nie.

As iemand van julle die paartjie herken , dan gaan julle ook kan uitwerk wat my regte naam is. Maar dis ok , ek sal daardie risiko neem.

Saterdag se fotos

Nou ja , dis seker tyd dat ek vir julle so n paar prentjies kom wys van wat ek Saterdag gedoen het. Ek gaan nie vir julle die fotos wys van die goed wat ek voor betaal was om af te neem nie, want dis tegnies en boring. Maar ek sal vir julle die pics wys van die goed wat ek afgeneem het terwyl ons die extra vlieg tyd om gekry het.  Miskien moet ek gou daai een verduidelik. 

Ek het die vliegtuig ge’charter’. En om dit te doen betaal mens vir ‘n minimum van ‘n uur se vliegtyd.  Nou ja , as ek vir ‘n uur moes betaal , dan gaan ek vir ‘n uur vlieg, en dis wat ons gedoen het. Toe al die werksfotos klaar was het ons gaan rondvlieg vir die res van die tyd.

Hier is van daardie fotos :

1.Die Piper Cherokee 6 waarmee ons gevlieg het. Julle kan sien waar die deur afgehaal is vir my om my fotos te neem.

2.Die drie brue oor Van Stadens rivier (die ou pas, die N2 en in die agtergrond die narrow gauge railway bridge)

3.Maitland rivier mond

4. Cape Recife Ligtoring

5. En shark rock pier met die Boardwalk

Saterdag se dinge 2

Nou ja. Vir die wat gewonder het , ek het klaar gevlieg en is weer veilig op moeder aarde. Moet nog die fototjies gaan ‘edit’ en wegstuur en dan al ek vir julle ook van hulle kom wys.

Vogende naweek moet ek ‘n troue skiet van ‘n jong dametjie wat ‘n ou foutjie gemaak het. En sy en die jong man het gekies om te trou.  Haar pa het my gevra of ek die troue sal doen. Ai my hartjie trek klein oor die troue . Die meisiekind is 16 ! Mens trou mos nie op 16 nie ! Maar wat kan ek maak ?

Ek het aangebied om die troue verniet te doen (ek weet hulle het nie geld nie) en haar ma was in trane van dankbaarheid. Maar ai julle, dis so hartseer.

Saterdag se dinge

As die van julle wat in PE omgewing bly dalk more oggend sou opkyk en ‘n aeroplane sien met iemand wat by die een agterdeur uithang met ‘n kamera in sy hand dan moet julle weet dis julle vrind Adoonsie wat besig is om lugfotos te neem.  Ek het seker 2 jaar laas die kans gehad om uit ‘n aerie uit te hang vir fotos , so ek sien nogal uit daarna.

Sal ook die eerste keer wees wat ek dit gaan doen hier in die Oos Kaap. Al die vorige vlugte was maar daar in die Vrystaat gewees.

Hoop julle het almal ‘n lekker dag.

PS: en vir die wat gevra het : Ja dankie , dit gaan darem weer beter. Die swart hond het darem weer gevoertsek.