My laaitie verjaar vandag

En ek was die naweek kaap toe om te gaan kuier. so vinnig. Vrydag na werk kaap toe gevlieg , en Sondag rondom middag ete terug gevlieg.  Dit was lekker om daar te kuier. Dit was lekker om my laaitjie te sien. Hy word mooi groot.  En ek is trots op hom en die mensie wat hy is en word. Dit was lekker om my eks te sien en saam met haar te kuier. Dit was lekker om in die kaap te wees. Ek mis die kaap. Sal graag wil terug gaan kaap toe. As ek werk kon kry wat dit moontlik maak.

Maar julle, ek wonder hoe om vir iemand die gat te beskryf wat ek in beland het toe ek Sondag middag terug stap in my ou huisie. Op hierdie stadium is hierdie bobejaan alleen en bang en deurmekaar. En die gevoel van hopeloosheid help nie baie nie.

Hopelik gaan dit een van die dae weer beter.

5 thoughts on “My laaitie verjaar vandag

Comments are closed.