Saterdag se dinge

As die van julle wat in PE omgewing bly dalk more oggend sou opkyk en ‘n aeroplane sien met iemand wat by die een agterdeur uithang met ‘n kamera in sy hand dan moet julle weet dis julle vrind Adoonsie wat besig is om lugfotos te neem.  Ek het seker 2 jaar laas die kans gehad om uit ‘n aerie uit te hang vir fotos , so ek sien nogal uit daarna.

Sal ook die eerste keer wees wat ek dit gaan doen hier in die Oos Kaap. Al die vorige vlugte was maar daar in die Vrystaat gewees.

Hoop julle het almal ‘n lekker dag.

PS: en vir die wat gevra het : Ja dankie , dit gaan darem weer beter. Die swart hond het darem weer gevoertsek.

3 thoughts on “Saterdag se dinge

  1. Adoons, jy is braaf om so uit ‘n vliegtuig te hang! ek dood liewer – maar geniet dit!!

  2. GENIET dit! Ek antwoord jou nog later op jou possie – het vandag teruggekom werk toe en was nog heeldag besig om deur my e-posse te swoeg.. Hoop jy gaan vir ons van jou foto’s wys!

  3. Dit klink lekker! Die naaste wat ek aan sulke lugfoto’s neem sal kom is deur die venster van ‘n vliegtuig… nie met die wind in my hare nie. Neem dit namens almal van ons en onthou om een of tweetjies te plaas. Met ‘n kopiereg-tekentjie by, natuurlik🙂

Comments are closed.