Nou ja. Vir die wat gewonder het , ek het klaar gevlieg en is weer veilig op moeder aarde. Moet nog die fototjies gaan ‘edit’ en wegstuur en dan al ek vir julle ook van hulle kom wys.
Vogende naweek moet ek ‘n troue skiet van ‘n jong dametjie wat ‘n ou foutjie gemaak het. En sy en die jong man het gekies om te trou. Haar pa het my gevra of ek die troue sal doen. Ai my hartjie trek klein oor die troue . Die meisiekind is 16 ! Mens trou mos nie op 16 nie ! Maar wat kan ek maak ?
Ek het aangebied om die troue verniet te doen (ek weet hulle het nie geld nie) en haar ma was in trane van dankbaarheid. Maar ai julle, dis so hartseer.
Groot kudos vir jou pragtige gebaar!!
Dit sal alles terugkom na jou toe.
Ai Maankind, Ek hoop so. regtig.