Saterdag se fotos

Nou ja , dis seker tyd dat ek vir julle so n paar prentjies kom wys van wat ek Saterdag gedoen het. Ek gaan nie vir julle die fotos wys van die goed wat ek voor betaal was om af te neem nie, want dis tegnies en boring. Maar ek sal vir julle die pics wys van die goed wat ek afgeneem het terwyl ons die extra vlieg tyd om gekry het.  Miskien moet ek gou daai een verduidelik. 

Ek het die vliegtuig ge’charter’. En om dit te doen betaal mens vir ‘n minimum van ‘n uur se vliegtyd.  Nou ja , as ek vir ‘n uur moes betaal , dan gaan ek vir ‘n uur vlieg, en dis wat ons gedoen het. Toe al die werksfotos klaar was het ons gaan rondvlieg vir die res van die tyd.

Hier is van daardie fotos :

1.Die Piper Cherokee 6 waarmee ons gevlieg het. Julle kan sien waar die deur afgehaal is vir my om my fotos te neem.

2.Die drie brue oor Van Stadens rivier (die ou pas, die N2 en in die agtergrond die narrow gauge railway bridge)

3.Maitland rivier mond

4. Cape Recife Ligtoring

5. En shark rock pier met die Boardwalk

8 thoughts on “Saterdag se fotos

  1. Dankie LouEk wens dit was my voltydse werk. Ek het Voltyds as fotograaf gewerk ,maar deesdae sit ek in die kantoor van maandag tot vrydag en speel met die kameras oor naweke.

  2. Baie dankie TherinaMiskien kan ons dalk een van die dae ‘n plan maak. Ek begin my oe oop hou vir werk in die Kaap. Wie weet. Miskien is ek in die lente daar.

Comments are closed.