Terwyl ek nou so met fotos brag

Hier is ‘n paar van ‘n troue wat ek so 4 weke terug geneem het. Die bruid wou graag haar fotos neem in ‘n uitgebrande huis. Ek was vuur en vlam (haha) om dit te doen want ek het geweet dit gaan mooi uit werk. MAar selfs ek het nie besef dit gaan so goed werk nie.

As iemand van julle die paartjie herken , dan gaan julle ook kan uitwerk wat my regte naam is. Maar dis ok , ek sal daardie risiko neem.

14 thoughts on “Terwyl ek nou so met fotos brag

  1. Dankie PlasieEk moet sê ek kyk weer na ander fotograwe se pics en wens ek kon fotos soos hulle neem.Sal lekker wees om weer voltyds met my kamera ‘n lewe te maak. Wie weet – miskien kry ek weer kans.

  2. Misverstand – jammer. ek het gedink jy bedoel daar is iets fout met daai een in vergelyking met die ander.Ek aanvaar jy bedoel dit is iets anders as die gewone. Elke fotograaf het maar sy fotos wat vir hom werk , en daai een is een van die wat ek gewoonlik gebruik as die bruid my toelaat. Soms kry hulle skaam en wil dit nie doen nie.

  3. MurphyEk is onder geen illusies dat enigiemand wat bereid is om bietjie te soek gaan kan uitwerk wie ek is nie. Dis Ok. Ek probeer egter n effense mate van afstand (seperation) hou tussen my regte naam en hierdie blog sodat my huidige of toekomstige baas nie dalk my naam google en hier afkom nie. Soos dit is is my naam reeds gelink met my ander (engelse) blog en sou iemand net een of twee van daardie blog se inskrywings lees en nie die hele ding nie, mag hulle net dalk ‘n baie verwronge beeld hê van wie ek is.Ek verkies om dieselfde scenario te vermy met hierdie blog as ek kan.

  4. Baie dankie.Ek dink dis die eerste keer dat ek jou spoortjies hier by my sien.Ek loer gereeld daar by jou en Plasie in.Goed gaan met julle.

  5. Ek wonder wat sou ‘n sielkundige analise wees van haar versoek vir ‘n verbrande huis? Enige idees? Bloot net visueel treffend…..I think not….!

  6. Ek dink dit het net oor die visuele impak gegaan. Vir my het dit beslis. Die wit rok met diep rooi rose en die swart gebrande huis het baie lekker saam gewerk om sterk visuele impak te maak.Veral as mens die huis in swatr en wit gebruik het en die blomme in kleur. Amper soos die dogtertjie met die rooi baadjie in Shindler’s List.Nou soek ek nog net ‘n bruid wat bereid is om papnat te reen en met die trourok in die reen te dans. Ek dink dit kan baie goeie fotos maak as sy dit kan geniet om nat te reen. (ek gaan dalk sukkel om so ‘n bruid te kry).

Comments are closed.