Fotos

Nou ja. Vir almal wat tog se gekla gevra het vir fotos. Hier is so ‘n klompie. Hoop julle geniet dit. Dis vrek baie werk om die goed hier op te sit – Letter crash is nie die lekkerste platvorm vir fotos hanteer nie.

JAGLUIPERD – Shamwari Private Game Reserve – Oos Kaap

LEEUMANNETJIE – Shamwari

VOLKSWAGEN – OSRAM Rally Dewetsdorp

MAANSOPKOMS – Swartkops Pad  – PE

POMPSTASIE – Sandrivier dam – Oos Kaap

WEERLIG – Uitenhage  – Oos Kaap

DWARSVLEI – Langs die N1 – Naby Middelburg

SONSAK – Riepoort – Victoria Wes Distrik

SPRINGMIELIE

NG KERK – Phillidelphia – Wes Kaap.

‘OUTA IN DIE LANG PAD’ – Hex Rivier Vallei – Wes Kaap

DOGTERTJIE OP DIE SPOOR – Hex Rivier vallei – Wes Kaap

HEX RIVIER VALLEI – Wes Kaap

HARVARDS IN FORMASIE – Stellenbosch (FASH)

MEERKAT- Bloemfontein

APPEL MET ‘N PYL GESKIET

JAGLUIPERD- Soetdoring Natuur reservaat – Bloemfontein

2 JAGLUIPERDS – Soetdoring Natuur reservaat – Bloemfontein

14 thoughts on “Fotos

  1. Adoons, kan ek nie maar permissie kry om die leeu en jagluiperdfotos te “leen” nie – ons gaan Junie saam met mense wildtuin toe wat sooooo pyn kan wees met wat hulle gesien het – ek sal hulle vakansie heerlik kan opmors met jou fotos! En jy sal nog baie fotos moet plak, want die is MOOI!!

  2. Die maan, die Heksvallei, Dwarsvlei van die koek!Hoe kry jy die popcorn so in ‘n ry?Briljant!Dankie, ek is bly ek was een van die klaers.

  3. Ek is vriende met die Ex-Dominee van daai kerk se dogter. Ek en Willa was saam op diensjaar vir Christus in ’95. Ek het by hulle gekuier die aand in die pastorie terwyl daai foto geneem is.

  4. Ok – kom ons antwoord die vrae. Hoop nie dit raak te tegnies nie (geen verwysing na jou intelegensie nie hoor!!)Die popcorn is geneem in my sitkamer. Ligte af. Deure toe. alles donker. KAmera op ‘n tripod met die shutter oop. Ek het ‘n ‘sound trigger’ gebou wat my kamera se flash laat afgaan sodra die popcorn spring. Die flash het 5 keer geflits binne 1/50ste van n sekonde. Daarom 5 popcorns. Dit is die selfde een wat jy 5 keer sien in sy trajek soos hy spring.Die een by die kerk het ek die kamera op ‘n trippod gehad met die shutter oop vir 1uur en 10 min. Dit was nog op film gedoen. Daardie lang esposures is een van die min goed waarmee Digitale kameras nie goed doen nie.Dankie vir die loer en belangstelling

  5. Dis nou die een probleem met die internet. Sodra ek die fotos op ‘n webwerf plaas verloor ek alle beheer oor wat met hulle gebeur , wie hulle gebruik en wie hulle ‘misbruik’.(ek wys nie vinger nie)Die een plek waar negatiewe beter was as digitaal.Geen van daardie fotos is met hengse lang lense geneem nie. almal van hulle is geneem met minder as 300mm (julle sal dit ken as omtrent 6x optise zoom)Enigiemand kan sulke fotos neem. Vroegoggend en laatmiddag met baie geduld.

  6. LouEk het ‘n verduideliking by Modderkoekie gelos oor die popcorn. Dankie vir die inloer.

  7. Dankie julle ouens vir die kommentaar op my fotos.Nou , as een van julle dalk weet van ‘n koerant of soortgelyke plek wat werk het vir ‘n fotograaf in die Kaapstad area, dink aan my.Ek sal graag nader aan my laaitie wil wees en dit sal lekker wees om weer voltyds met my kamera ‘n lewe te maak.Ek haat die kantoorwerk en admin wat ek tans moet doen.

  8. Jou fotos’s is pragtig! Ek het self baie jare in Bloemfontein gebly en ons het gereeld by Soetdoring gaan leeus kyk en braai.

  9. Jou fotos is fenominaal! Ek wonder ook hoe jy die springmielies afgeneem het! En daai appel! Het die leeu iets snaaks geëet, want dit lyk of hy naar is!😀 Jy’t voorwaar ‘n great talent!

Comments are closed.