Liewe aarde

Goeie genugtug.                                                               

Wat de ongeluk ?                                    

Ek kan dit nie glo nie.

Ek is ge’tag’. Vir die eerste keer in my blog lewe. (wat dalk langer is as wat julle dink).

FOXY het my getag as ‘n Versatile blogger , of so iets.

En nou moet ek blykbaar 7 goete oor myself te sê hê wat julle dalkies nie van my weet nie.

Nou ja – kom ons probeer.

  1. Ek is gebore en het groot geword in Bloemfontein.
  2. Ek het rekenaar stelsel ingeneurswese ge’swot’ by Technikon Vrystaat , maar opgeskop aan die einde van my eerste jaar.
  3. Ek kan baie mooi sing (al moet ek dit nou self sê) en het A+ gewen in Nasionale kunswedstryd op skool.
  4. Ek wens ek kon klavier of ‘n ander instrument speel, maar ek het nie die krag / wil / uithou vermoe om te leer nie
  5. Ek begeer dit om ‘n Motorfiets te besit (BMG 1200GS Adventure, Yamah Super Tenere, een van daais)
  6. Ek het my eerste SLR kamera gekoop toe ek 22 was en myself leer fotos neem.
  7. EK het vir 4 jaar lank my lewe gemaak uit fotografie. Miskien doen ek dit weer oor ‘n jaar of wat.

EK gaan niemand Tag nie.

Nee wag

Ek gaan.

Kerneelsie –  jy is aan.

7 thoughts on “Liewe aarde

  1. ‘n breë🙂 vir jou! My verbasing was net so groot toe ek ge’tag’ is…. Hoop dit gaan goed – sal jou nog pos!

  2. Ek werk aan jou lysie. Sal hom deur die dag pos. Dankie vir die tag!!!Adoonsie, jy MAG maar fotos neem. Daar is ‘n paar fotos van jou wat ek al lank graag die tegniek wou probeer, maar die foto gogga is op die oomblik dood.Dalk moet ek maar weer my kamera uitsleep.

  3. KerneelsieDankie vir die inloer. Gaan tel daai kamera op . En kom wys. Ek sal graag raad gee as dit nodig is.

Comments are closed.