Soms

(veral die laaste paar weke) voel ek soos die muis…..

Advertisements

En nog is het einde niet….

Ek verstaan hoekom die man wat my werk voor my gedoen het aan ‘n hartaanval dood is. Hier in die kantoor. Wragtag, Ek verstaan.

Ek is so besig dat ek nie kans kry om te hoes of te poep nie. En die vet weet my baas maak dit nie makliker nie.  Die probleem is dat hy heeldag loop en planne maak en skedules in sy kop uit werk. En dan wanneer hy by my kom (wat die skedules moet beplan) , dan verduidelik hy net so half en verwag dat ek moet verstaan , want dit maak mos nou vir hom in sy kop sin.

En niks wat mens doen is ooit goed genoeg nie. Daar is altyd fout. Altyd. Genoeg om enige iemand se spoed te breek.

Maar nou ja. Intussen werk ek dat my gat klap. Werk vanmiddag tot 14h30. Dan uitreik aksie tot vanaand laat. Dan more vroeg opstaan om te gaan oefen vir die ‘worship’ lei in die kerk. Soos ek sê – nog is het einde niet.

My laaitie is saam met my Pa en my broer op die plaas in die karoo vir ‘n week. Hulle jag en skiet teiken (en dassies) en ry motorfiets en doen al daai goed wat seuns (en Pa’s ) graag op ‘n plaas doen. En ek sit in ‘n donnerse kantoor terwyl my Pa en broer my laaitie leer skiet en plaas dinge doen. Demmit ! Dis nie reg nie!

Ek wonder of ek nie erens ‘n nice fotograaf joppie in Kaapstad kan los slaan nie ? Dan kan ek darem nader aan my laaitie wees en ook deel van sy lewe wees. En dalk selfs ‘n meisiekind ontmoet om die lewe bietjie minder alleen te maak.(Hier in my hometown is daar nie so iets nie).

Anyway hier is n foto wat my broer geneem het van die knapie met een van dasse wat hy geskiet het. As jy ‘n bunny hugger is , moenie kyk nie.

Ek groet net gou

Hallo Julle

Ek kom loer net so vinnig in voor ek weer voortsnel na die volgende ding/krisis/gebeurtenis/werk.

My gat vat nie grond nie. In die laaste week het my werkslas verdubbel. Ons kantoor is besig met die laaste prep en afrondingswerk vir die ‘Launch’ van die nuwe VW AMAROK. Ek sal julle dit sê – Dis ‘n flippen mooi bakkie !!!!

Maar al die werk beteken dat ek nie kans kry om my gedagtes te verander nie. En dit gaan nog vir ten minste twee maande so aanhou. 

Ek loer so nou en dan in en ek sien meeste van julle se blogs (lewer hier en daar vinnig kommentaar), maar vergwe my maar as ek beitjie stil is op die oomblik.

Ek is op die koop toe deel van ons kerk se sending aksie en ons gaan nog vanaand (en vir die res van die SWC se tyd) uit om die Jesus film en ander films te wys. So as ek hier by die kantoor uithardloop , dan hou ek sommer aan hardloop tot laat vanaand. Dan more oggend vroeg opstaan vir ‘Worship practice’ en dan sang lei in die kerk.

Die vet weet as dit more klaar is gaan ek terug kruip in my bed en slaap tot Maandag oggend toe !!!

Hoop julle het almal ‘n lekker naweek.