Ek groet net gou

Hallo Julle

Ek kom loer net so vinnig in voor ek weer voortsnel na die volgende ding/krisis/gebeurtenis/werk.

My gat vat nie grond nie. In die laaste week het my werkslas verdubbel. Ons kantoor is besig met die laaste prep en afrondingswerk vir die ‘Launch’ van die nuwe VW AMAROK. Ek sal julle dit sê – Dis ‘n flippen mooi bakkie !!!!

Maar al die werk beteken dat ek nie kans kry om my gedagtes te verander nie. En dit gaan nog vir ten minste twee maande so aanhou. 

Ek loer so nou en dan in en ek sien meeste van julle se blogs (lewer hier en daar vinnig kommentaar), maar vergwe my maar as ek beitjie stil is op die oomblik.

Ek is op die koop toe deel van ons kerk se sending aksie en ons gaan nog vanaand (en vir die res van die SWC se tyd) uit om die Jesus film en ander films te wys. So as ek hier by die kantoor uithardloop , dan hou ek sommer aan hardloop tot laat vanaand. Dan more oggend vroeg opstaan vir ‘Worship practice’ en dan sang lei in die kerk.

Die vet weet as dit more klaar is gaan ek terug kruip in my bed en slaap tot Maandag oggend toe !!!

Hoop julle het almal ‘n lekker naweek.

9 thoughts on “Ek groet net gou

  1. Hallo LouDankie vir die gebed. Dit word waardeer. Wat die besig aanbetref – Ek moet eerlik wees dis nou op die punt waar dit te erg raak. Ek is moeg. oormoeg. Ek begin foute maak. En met n baas soos myne is foute nie deel van die werksomskrywing nie.

  2. LOLDis deel van my werk op die uitreik. Fotos neem.Daar is ‘n paar fotos op die webwerf.mission.uitenhage-methodist.co.za Fotos op die galleries blad. onder 2010.

  3. Ek stem saam oor die Amarok. Dis nou ‘n bakkie wat ek my klinkers voor sou gee om te kan besit.Kan nie wag om hom op die paaie te sien ry nie.Die rondhol is rof, maar die sending werk self… Daar is min dinge wat soveel genot verskaf as om te sien jy het iemand geraak daardeur.Sterkte en voorspoed.

  4. Hi jy… hoop dit gaan nog goed!! Jou skedule klink omtrent soos my Pinkster skedule…ek was sommer vodde gewees daarna maar die Here was goed om Michael W.Smith daardie Vrydagaand na die Kaap te stuur en ek kon darem weer self ‘n bietjie inplug en net re-charge…Mooi bly!x

  5. KerneelsDie Amarok is nog vandag en more (19/20ste) in Menlyn te sien as jy so ver wil ry om te gaan kyk.

Comments are closed.