En nog is het einde niet….

Ek verstaan hoekom die man wat my werk voor my gedoen het aan ‘n hartaanval dood is. Hier in die kantoor. Wragtag, Ek verstaan.

Ek is so besig dat ek nie kans kry om te hoes of te poep nie. En die vet weet my baas maak dit nie makliker nie.  Die probleem is dat hy heeldag loop en planne maak en skedules in sy kop uit werk. En dan wanneer hy by my kom (wat die skedules moet beplan) , dan verduidelik hy net so half en verwag dat ek moet verstaan , want dit maak mos nou vir hom in sy kop sin.

En niks wat mens doen is ooit goed genoeg nie. Daar is altyd fout. Altyd. Genoeg om enige iemand se spoed te breek.

Maar nou ja. Intussen werk ek dat my gat klap. Werk vanmiddag tot 14h30. Dan uitreik aksie tot vanaand laat. Dan more vroeg opstaan om te gaan oefen vir die ‘worship’ lei in die kerk. Soos ek sê – nog is het einde niet.

My laaitie is saam met my Pa en my broer op die plaas in die karoo vir ‘n week. Hulle jag en skiet teiken (en dassies) en ry motorfiets en doen al daai goed wat seuns (en Pa’s ) graag op ‘n plaas doen. En ek sit in ‘n donnerse kantoor terwyl my Pa en broer my laaitie leer skiet en plaas dinge doen. Demmit ! Dis nie reg nie!

Ek wonder of ek nie erens ‘n nice fotograaf joppie in Kaapstad kan los slaan nie ? Dan kan ek darem nader aan my laaitie wees en ook deel van sy lewe wees. En dalk selfs ‘n meisiekind ontmoet om die lewe bietjie minder alleen te maak.(Hier in my hometown is daar nie so iets nie).

Anyway hier is n foto wat my broer geneem het van die knapie met een van dasse wat hy geskiet het. As jy ‘n bunny hugger is , moenie kyk nie.

8 thoughts on “En nog is het einde niet….

  1. Dankie tog ek is nie alleen by die werk nie. Enigste verskil is, waar ek NORMAALWEG nou op pad huis toe sou wees, is daar nie vandag ‘n tyd nie. Arme Dassie. PS. Ek het vanoggend gou gaan fotos neem vir ‘n foto kompetisie. En die gogga het weer gebyt.

  2. Cute. Solank hy nie ‘n trophy hunter is nie, daai dassie gaan nie goed op ‘n muur lyk nie…..

  3. Hoop jy gaan vir ons ook wys! Dit is altyd vir my so interessant om te sien wat ander doen vir stokperdjies!

  4. Ja jy… stadig nou dat jy nie deel raak van die statestiek nie! Was vanoggend self ook 07H00 al by die kerk gewees🙂 en het vanoggend tydens die diens so bietjie ‘wondermom’ moes speel aangesien sussie op my skoot gesit het terwyl ek die klawers moes tokkel en sing… daar was net eenvoudig nie genade want ons was klaar ‘skeleton-band’ met die klomp wat vakansie hou! Hoop jy’t geseënde dag gehad en dat julle baie hartjies bly en warm laat klop met jul uitreik!🙂 Sterkte vir die week!x

  5. Ek stem met FOXY saamEk hoop jy gaan vir ons die fotos kom wys. Ek is bly die gogga byt weer. Hy het so n manier om dit te doen.

  6. Ek het een gelaai vandag op my blog. Die res is nie te wat wonders nie. Sal maar net nog moet neem seker, nê? hehe

  7. Adonis! Jy jaag jou eie stert rond! Los van die uitreik goeters na ander en spandeer meer tyd saam met jou eie!Groetnis tot ons weer praat!

  8. Ek ís ‘n “bunny hugger” en ek hét gekyk – maar jy het darem ‘n oulike laaitie. Kan net dink hoe swaar dit vir jou moet wees om hom nie by jou te hê nie!

Comments are closed.