Random goeters

Hier is ek weer . Ek loer darem so nou en dan in , maar ai , ek kry nie tyd om te kom blog nie.

Ek was gister by die dokter vir so ‘n vinnge vragie of wat en het hom onder andere gevra om my bloedruk te toets. En daar wil die man my summier op bloedruk pille sit.  Nee vrek!  Ek kan mos nie op 33 al op bloedruk pille wees nie !

Dit beteken dat ek nou ‘n ernstige plan sal moet maak om die ou spaarwiel af te werk. Ek hoop ek sal soos Kelly kan vasbyt en deurdruk. Hierdie klompe extra kilos (ok , dis ‘n hele klompie) sal ek moet weg kry en ek sal moet fiks word. Dit kan nie so aangaan nie.

Die groot probleem is dat gesond eet soveel duurder is. Maar nou ja , ek sal moet plan maak.

So dink maar aan my as ek sie stryd aanpak. Veral naweke is vir my baie moeilik om gesond te eet. Ek is ‘n ’emotional eater’ en ai die alleen wees ding oor naweke help nie.

Advertisements

Ek wonder…

      … of daar mense is wat verstaan wat dit is om tussen ‘n groep mense te kuier en tog so absoluut alleen te wees ?

Ek wonder of die (gelukkig) getroude mense besef wat hulle het en hoe gelukkig hulle is?

Ek wonder hoekom , as hulle dit weet, hulle nog steeds hulle maats as vanselfsprekend beskou en hanteer ?

Ek wonder of ek alleen gaan oud word ?

Ek wonder sommer oor goed wat ek nie verstaan nie en nie antwoorde voor het nie.

Vreemde Vlieƫnde Voorwerpe

Wel , sort off . EK het vanoggend na kerk gaan rondry in ‘n poging om die Sondag blues vry te spring.  So in my omswerwinge kom ek toe af op ‘n komp manne teen die helling naby Maitland rivier mond. Met die wind wat so lekker uit die see uit waai is dit die perfekte plek vir die ouens om hulle Radio beheerde sweef vliegtuie te vlieg.  Jislaaik , en die ouens kan hoor.ek het op die ou end seker meer as twee ure daar spandeer en in totaal amper 300 fotos geneem. Ek sal julle nie verveel met al die baie fotos nie. Hier is net so ‘n paar van wat ek vanmiddag gesien het.

Soos belowe.

Nou ja , siende dit bekend staan as die Addo Nasionale Olifant Park, is dit seker dan net reg dat ek maar vir julle ‘n paar Ellies wys. So , dis wat ek vanoggend gedoen het.

Dit was baie lekker , maar ek moet sê die wind was nogal erg hier teen die einde. Dis sou ook baie lekkerder gewees het as ek ‘n warmding kon saam vat.

Dit was ook nogal prettig om ‘n toeris met ‘n helse groot nikon lens dop te hou terwyl hy probeer maneuver in Daewoo Matiz met nog 3 anner mense in. Daai kamera met lens was ten minste so lank soos my arm.

Ek het ‘n groot klomp Ellie pics , maar meeste van hulle is kant aansigte. Vir een of ander rede lyk ‘n Ellie net baie meer imposant as jy hom van voor af kan afneem. Ek was baie gelukkig om ‘n hele paar kanse te kry vandag.

Sondag middag

Ek sien Anha het ‘n lekker vry gekry.  Dit klink nou vir my glad nie na ‘n slegte plan vir ‘n Sondag middag nie. Inteendeel, dit klink vir my na ‘n briljante plan en ek is moerse jaloers. Ek wil ook ‘n vry hê !

Die beste wat ek kon doen was om maar my middag saam met vriende in die Kragga Kamma wild kamp te spandeer. Hier is so ‘n paar van die bewoners wat ons daar raak geloop het. Hier is ook ‘n foto wat ek nogal baie in Photoshop ge-pimp het. Ek het die hout paadjie gesien en gedink dat dit ‘n baie nice prentjie sal maak as ‘n mens dit op ‘n mistige dag kom afneem het. Nou ja , Ek kon nie die weer bepaal nie , maar ek kon darem die prentjie na iets laat lyk met so ‘n bietjie hulp van die slim mense van adobe.