Die geel scooter (en ander fotos)

Hallo Julle

Ek het nou ampetlik in ‘n weekend warrior verander. Die werk hou my so besig dat ek wragtag nie kans kry om deur die week hier by julle te kom blog nie. Ek kry darem so elke 2de dag kans om net gou te kom inloer en opvang met die nuuste nuus.

Elk geval… ek en my girlfriend (lees : kamera*) het vanimiddag so ‘n bietjie gaan rondspeel in die swartkops, blue water bay area. Hier is so ‘n paar van die fototjies.

    *Julle het seker nie gedink ek is gelukkig genoeg om ‘n regte girlfriend te hê nie !

4 thoughts on “Die geel scooter (en ander fotos)

  1. Ai jai jai. Ek het baie jare daar rond gespeel. Swartkops… Stowwerigste dorpie waarin ek nog ooit gebly het. Daar het eendag die snaakste ding met my gebeur. Ek het gestap winkel toe, en gedink, dit moet nogal “cool” wees om ‘n ongeluk te sien gebeur. En wragtig, daar ry twee karre in mekaar vas reg voor my oë. Nou dink ek nie meer sulke dinge is “cool” nie.PS. Jou fotos het gemaak dat ek ook verlede week ‘n nuwe girlfriend gekry het. Het ‘n paar rand gekos, maar sover neem sy ook lekker fotos.

Comments are closed.