Die Naweek se sorge

Hallo daar my blog maatjies. Hoop dit gaan darem OK met almal van julle.

Ek sit en wonder oor die naweek wat voorlê. Sien , ek het intussen agtergekom dat Maandag ‘n vakansie dag is. En glo dit as julle wil, maar daar is ‘n sterk moontlikheid dat ek nie die naweek sal hoef te werk nie.

Nou oorweeg ek dit om so op my eentjie af te piekel Stormsrivier mond toe vir die naweek en daar te gaan kamp met my sleepwaentjie en my tent.

Dan kan ek soos ‘n Dassie op ‘n klip sit en die son en die see indrink tot ek weer krag het vir die lewe. Of ek kan in die paadjies gaan stap die natuurskoon opslurp.

Die probleem is egter dit : Ek is deel van die kerk se Sending span, en die span beplan om die naweek en Maandag ‘n uitreik te hou na een van die plakkerskampe in die omgewing.  Die uitreik sal ook insluit dat ons ‘n swart evangelis ondersteun terwyl hy Maandag gaan preek van 12h00 tot laat (sy woorde). En ek is nie lus nie. Glad nie.  Ek is nie lus vir mense wat demands op my tyd en aandag maak nie.  Probleem is , daai tyd kom in elk geval oorspronklik van Hom af wat my tyd in Sy hand hou.

Ag , ek weet nie.

Ek weet wat ek wil doen. Maar dit stem nie ooreen met wat ek dink ek eintlik moet doen nie.

4 thoughts on “Die Naweek se sorge

  1. Ek stem saam met Modderkoekie.Gaan see toe. Jy werk hard en verdien dit om in die Goddelike natuur rus te vind.Moenie eers twyfel nie.

  2. My Oupa het geglo dit is sonde om in die kerk te sit om die aangesig van God te soek, en boonop te verlang na Sy skepping daar buite.Daarom het hy Sondae sy draadlosie ingepak, en dan het hy en my ma gaan visvang op hul bootjie, terwyl hy die oggend diens oor die draadloos luister. Daar verlang hy nie na die skepping nie. Hy is IN die skepping, en dis waar hy die naaste aan God gevoel het.Doen wat jou hart sê jy moet doen.

  3. Hi jy, ek’t jou pos al gisteraand op my foon gelees maar het net regtig nie die energie gehad om die pc te gaan aansit om te kommentaar nie…Weet jy, ek dink jy moet die naweek bietjie gaan stilraak en re-charge…Jy is mos nie die enigste lid in die Sendingspan nie! Onthou dat gebed net so kragtige deel van ondersteuning is en dit kan jy in Sy Skepping sit en doen en die groep daar ook aan Hom opdra. Ek weet presies waarvan jy praat… onthou net om diensbaar te wees vereis ook dat jy na jouself kyk.. dit help nie jy tap jouself droog nie want dan beteken jy op die ou-einde van die dag op die lange duur nie veel vir enige iemand nie…Sterkte – ek glo jy sal die regte keuse maak!x

Comments are closed.