Ek sien Anha het ‘n lekker vry gekry. Dit klink nou vir my glad nie na ‘n slegte plan vir ‘n Sondag middag nie. Inteendeel, dit klink vir my na ‘n briljante plan en ek is moerse jaloers. Ek wil ook ‘n vry hê !
Die beste wat ek kon doen was om maar my middag saam met vriende in die Kragga Kamma wild kamp te spandeer. Hier is so ‘n paar van die bewoners wat ons daar raak geloop het. Hier is ook ‘n foto wat ek nogal baie in Photoshop ge-pimp het. Ek het die hout paadjie gesien en gedink dat dit ‘n baie nice prentjie sal maak as ‘n mens dit op ‘n mistige dag kom afneem het. Nou ja , Ek kon nie die weer bepaal nie , maar ek kon darem die prentjie na iets laat lyk met so ‘n bietjie hulp van die slim mense van adobe.
Dis nie lekker om droe bek te sit nie….. sug
Dis nie lekker om droe bek te sit nie….. sug
boootiful
Nee gits Therina, Ek dink jy vry verkeerd !!;o)
Bly om te sien die renoster het nog ‘n horing!!Pun intended!xR
hahamaar wat help dit die renoster het ‘n horing en niks om daarmee te doen nie ?;o)
Soos altyd – pragtige fotos!
Baie dankie.As jy terug blaai deur my posts sal jy sien daar is ‘n youtube video vir jou aandag.Lekker aand.
Ek gaan nou dadelik kyk! 😀