Soos belowe.

Nou ja , siende dit bekend staan as die Addo Nasionale Olifant Park, is dit seker dan net reg dat ek maar vir julle ‘n paar Ellies wys. So , dis wat ek vanoggend gedoen het.

Dit was baie lekker , maar ek moet sê die wind was nogal erg hier teen die einde. Dis sou ook baie lekkerder gewees het as ek ‘n warmding kon saam vat.

Dit was ook nogal prettig om ‘n toeris met ‘n helse groot nikon lens dop te hou terwyl hy probeer maneuver in Daewoo Matiz met nog 3 anner mense in. Daai kamera met lens was ten minste so lank soos my arm.

Ek het ‘n groot klomp Ellie pics , maar meeste van hulle is kant aansigte. Vir een of ander rede lyk ‘n Ellie net baie meer imposant as jy hom van voor af kan afneem. Ek was baie gelukkig om ‘n hele paar kanse te kry vandag.

10 thoughts on “Soos belowe.

  1. PRAGTIG!Ek die een in die tweede foto het sy oorbel verloor – die piercing sit daar alleen.Die laaste een is besis puik.

  2. As hy storm en die ore is oopgesper, dan gaan hy stop.As hy storm en die ore is platgetrek is dit tyd dat jy in die ander rigting in storm.

  3. Dankie vir die kompliment KerneelsAs jy nog nooit ‘n Ontjiefant in lewende lywe gesien het nie , dan beter jy kom kuier dat ek jou Addo toe kan vat.Hulle was op stadiums so na aan my dat ek nie met my wye hoek lens (28mm) ‘n hele Olifant kon inkry op ‘n foto nie.

  4. sorry sorry , sallie weeriebygesê, ek het darem my antwoord grappenderwys bedoel. Miskien moes ek ‘n ;o) ingesit het.Dis nou die probleem met ‘text based communication’ nê ?Anyway , ek moet my darem so nou en dan soos ‘n aap gedra, ek is trouens een, al dan nie ?

Comments are closed.