Ek wonder…

      … of daar mense is wat verstaan wat dit is om tussen ‘n groep mense te kuier en tog so absoluut alleen te wees ?

Ek wonder of die (gelukkig) getroude mense besef wat hulle het en hoe gelukkig hulle is?

Ek wonder hoekom , as hulle dit weet, hulle nog steeds hulle maats as vanselfsprekend beskou en hanteer ?

Ek wonder of ek alleen gaan oud word ?

Ek wonder sommer oor goed wat ek nie verstaan nie en nie antwoorde voor het nie.

4 thoughts on “Ek wonder…

  1. Ek wonder báie (élke dag om die waarheid te sê!)oor dieselfde tipe vrae. Hoekom moes my man op 32 doodgaan aan kanker? Hoekom moet ek my lewenspaadjie nou al vir 6 jaar alleen loop? Hoekom sal ek, wat nog áltyd gedroom het daarvan om ‘n mamma te word, nooit kiddies van my eie kan hê nie? En so kan ek aangaan…!Volgens die Bybel sal ons wel Eendag antwoorde kry. Dit bly maar moeilik en soms ondraaglik!!!Weet net dat jy nie ál een is wat so voel nie – dalk help dit net so ‘n piepklein bietjie! :-)@ PlaasJuppie: Jou vrou is verséker die gelukkige een van julle 2! Dis net die mooiste woorde – wys dit vir haar? 🙂

  2. Hallo Adoons…lanklaas hier by jou gelees…en vandag gesien jy is maar 33! Het om een of ander rede nav kommentaar wat jy eenkeer by my ou blog gelewer het gedink jy is ouer (sien die kommentaar was wys)!

Comments are closed.