Random goeters

Hier is ek weer . Ek loer darem so nou en dan in , maar ai , ek kry nie tyd om te kom blog nie.

Ek was gister by die dokter vir so ‘n vinnge vragie of wat en het hom onder andere gevra om my bloedruk te toets. En daar wil die man my summier op bloedruk pille sit.  Nee vrek!  Ek kan mos nie op 33 al op bloedruk pille wees nie !

Dit beteken dat ek nou ‘n ernstige plan sal moet maak om die ou spaarwiel af te werk. Ek hoop ek sal soos Kelly kan vasbyt en deurdruk. Hierdie klompe extra kilos (ok , dis ‘n hele klompie) sal ek moet weg kry en ek sal moet fiks word. Dit kan nie so aangaan nie.

Die groot probleem is dat gesond eet soveel duurder is. Maar nou ja , ek sal moet plan maak.

So dink maar aan my as ek sie stryd aanpak. Veral naweke is vir my baie moeilik om gesond te eet. Ek is ‘n ’emotional eater’ en ai die alleen wees ding oor naweke help nie.

5 thoughts on “Random goeters

  1. Ja die era van pille, dis so maklik – dis bloeddruk pille, kolesterol pille, stokstyfstaan pille, anti-bevolkingontploffingspille, noem dit maar en ‘n pil sal daar wees. Voorspoed met die dieet.

  2. Toemaar. Ek is nog jonger as jy en skop ook vas teen daai pilletjies. As ons eers houertjies in die badkamer kassie begin sit wat lees “Monday, Tuesday, etc” is dit verby.Ek het gister gehoor dat ‘n dokter sê mens kan eet net wat jy wil, solank jy oefeninge doen.Ongelukkig, as die lus vir oefening my slaan, gaan lê ek op die bed met ‘n tjoklit, tot die lus verby gaan.

  3. Ek het ‘n hele klompie kilogramme opgetel die jaar – kon nie oefen nie weens rugbesering en ke het regtig laat waai met al wat lekker en soet is…het 10 dae terug die lang pad terug aangepak…en is darem 3kg ligter…maar het nog baie om af te skud – en ai, dit was sooo maklik en lekker om dit op te tel!

Comments are closed.