Om gesond te leef

Nou ja, dis dan nou week een van my selfopgelegde dieet/oefenprogram.

Ek moet sê, ek is baie trots op my self as dit kom by die etery. Sover het ek my mooi soet gedra en baie gesonder en minder ge-eet. Ek het ook begin stap .Ek het n lekker roete gekry vanaf my huis , agter om die koppie tot by ‘n dam in die omgewing en weer terug. So 5km in totaal. Die skaal wys nog nie n verandering in nie , maar ek moet sê dat ek baie beter voel. Nie so lui en ‘lethargic’ soos in die verlede nie. Ek het nie gedink dis moontlik vir n mens om soveel bok kos en voeltjie saad in n dag te eet nie, maar duidelik was ek verkeerd.

Ek het wel besef dat dit ‘n lang termyn projek is om aan te pak. En dat ek myself kan skade doen as ek nie my bloeddruk op pas nie. So , ek sal nou maar Maandag die ou pilletjies gaan haal en drink.  En as ons dan eendag op die punt kom waar ek meer gesond is , kan ek hopelik die goed weer afskaal , of dalk selfs los. Sal maar moet wag en sien.

Julle moet my maar in julle gedagtes hou dat ek kan volhou met die lewenstyl verandering.

Groetnis van huis tot huis.

O ja. Kerneels – sterkte boet. Ek hoop dit gaan sommer gou weer beter. Depressie is ‘n bliksem. Ek hoop jy kan weer binnekort die lig sien.

En Plasie – jy is nog steeds in my gedagtes. Hoop dit gaan elke dag beter.

Cheers v eers

;o)

One thought on “Om gesond te leef

Comments are closed.