2 weke later

Hallo julle.

Twee weke later en ek eet nog steeds bok kos en papegaai saad.

Dit gaan darem al baie gesonder met my. Ek is af van 140kg na 131kg en my bloedruk is ook mooi soet – 120/70.

My teiken gewig is 100kg so daar lê vir my nog n lang paadjie voor. EK besef dat ek nie vir altyd die 3kg per week gemiddeld gaan kan handhaaf nie , maar sover werk dit darem nog.

Ek stap deesdae so 6.3 km teen n gemiddelde spoed van 5.6 km/h. En dis op veldpaadjies en oor heuwels en dale. Ek was/is nog altyd baie lief vir gewees vir Staptoere met n rugsak deur die berge en ek wil weer fiks genoeg word om dit met gemak te kan doen. Een van die dae is dit ek en Outeniqua (ek het hom in standerd 8 laas gestap).

Ek sal graag ook weer Tsitsikamma wil gaan stap en dan hopelik eendag Otter en Fanie Botha.

My rugsak is reg, my water bottels en stapstokke is reg. Dis nog net ek wat moet reg wees.

Een van die dae.

8 thoughts on “2 weke later

  1. Jissie. Dit klink belowend. Ek gaan volgende Vrydag kyk of ek nie die keer die 16 km staproete hier in Suikerbos kan klaarmaak nie. Ek het al drie keer probeer, en elke keer verloor ek die pad iewers.

  2. O ja – hier om die draai van my af is Amatola ook- blykbaar is dit ook baie mooi om te stap. Hy is ook op my lys.

  3. Wow! Ek is trots op jou!! Jy motiveer mý ook sommer om iets te begin doen!Ek het as klein dogtertjie in 1984 saam’t my ouers en hul vriende en dié se kinders die Tsitsikamma gestap. Dit was ‘n belewenis!! Die digte groen woude, tee-kleurige waterstroopies en die klam mos-reuk sal my altyd bybly! – dis verséker my gunsteling plek in die wêreld!!!Sterkte vir die nuwe lewenswyse – dis, nés enige ander verandering, ‘n aanpassing maar jy sal gou gewoond raak daaraan en dan is die swaarky verby! En dan is jy reg om weer die Tsitsikamma aan te durf!!!

Comments are closed.