Gemaksones en verslawings

My blog hier op Litnet is nou so amper ‘n jaar oud. En vanoggend , toe ek vir iemand anders die adres gee , toe sit ek skielik self en wonder oor wat ek alles hier kwytgeraak het in die laaste jaar. Toe gaan ek maar terug tot by die begin en ek lees so vlugtug deur al die goete wat ek kwyt geraak het in die laaste jaar.

Soos wat ek lees het ek ‘n paar dinge besef. Een was dat ek aan die begin baie meer stories vertel en minder gemoan het. Miskein moet ek bietjie meer stories vertel en minder moan. Die ander ding wat my opgeval het is die een deurlopende tema in my ‘moan’ blogs.  Dit is die feit dat ek ander werk soek en wil kaap toe trek. Die ding is dat ek vir die laaste jaar se moan nog nie rerig werk gesoek het in die kaap nie. Ek sit net en moan hier daaroor.

En nou sit ek hier en ek wonder hoekom dit so werk.

Ek dink ons is almal maar verslaaf aan iets. kos, drank, sigarette, seks, dwelms, liefde, gemak , en so voorts. Of soms, kombinasies van al hierdie.  Vir my , verkies ek my gemaksone. Ek hou van die roetine. En ek hou nie van (is bang vir) die onbekende.

Ek dink ek het nog nie rerig begin werk soek nie , want ek glo nie in myself en my vermoens  nie. Ek weet ook  nie rerig watse werk ek wil doen nie. Ek weet ek wil nie in ‘n kantoor sit nie, maar wat doen ek dan anders ?

Wat sou dit vir my maklik gemaak het ? Miskien as iemand vir my ‘n werk aanbied. As dit so uit die lug uitval en iemand vir my sê :”Dê, hier is vir jou ‘n job. Doen dit. Jy sal goed wees daarin”

Is daar ‘n kans dat so iets sal gebeur ? seker nie.

Intussen kap ek maar aan so van dag tot dag. En miskien , eendag vind ek iets wat ek graag sal wil doen. Wat die risiko van uit die gemaksone beweeg die moeite werd maak.

Advertisements

Dag 49

vandat ek begin het rekord te hou van operasie trekker tjoep. En so ver het dit heel mooi gegaan, maar nou vir die laaste week staan my gewig stil.  Wil net eenvoudig nie af nie. Ok , dankie tog dit gaan ook nie op nie. Maar ai.

Nou ja , ek sal seker dan maar nou ‘n plan moet maak en harder oefen en minder eet tot die ou lyf nou weer agterkom presies wat van hom verwag word.

Intussen is my hart seer vir die mense rondom my , hier op die blogs, en ou skool vriende , se seerkry stories. Jislaaik julle, die lewe is darem maar net nie fair nie.

Ek hoop julle het almal n bleddie lekker naweek en dat julle die gatklappe van die lewe sal kan verwerk en sterker en mooier daar sal uitkom.

O ja , en as een van julle dalk ‘n ou joppie erens in die buitelug vir my het , sodat ek die bleddie kantoor werk in sy glory kan stuur – laat weet maar.

Ek speel ook saam. Een van die openings paragrawe wat ek baie geniet

Now consider the tortoise and the eagle.

 

The tortoise is a ground-living creature. It is impossible to live nearer the ground without being under it. Its horizons are a few inches away. It has about as good a turn of speed as you need to hunt down a lettuce. It has survived while the rest of evolution flowed past it by being, on the whole, no threat to anyone and too much trouble to eat.

 

-Terry Pratchet, Small Gods.

 

En nog een – maar die keer erens in die middel van die boek. Ek vrek oor die Feegles se aksent.

‘They want tae get married?’
  ‘A lot o’ them do, aye,’ said Billy.
  ‘So there’s nae more boozin’, stealin’ an’ fighting?’
  ‘Hey, ah’m still allowed some boozin’ an’ stealin’ an’ fightin’!’ said Rob Anybody.
  ‘Aye, Rob, but we cannae help noticin’ ye also have tae do the Explainin’, too,’ said Daft Wullie.
  There was a general nodding from the crowd.  To Feegles, Explaining was a dark art.  It was just so hard.
  ‘Like, when we come back from boozin’, stealin’ an’ fightin’, Jeannie gives ye the pursin’ o’ the lips,’ Daft Wullie went on.
  A moan went up from all the Feegles: ‘Ooooh, save us from the pursin’ o’ the lips!’
  ‘An’ there’s the foldin’ o’ the arms,’ said Wullie, because he was even scaring himself.
  ‘Oooooh, waily, waily, waily, the foldin’ o’ the arms!’ the Feegles cried, tearing at their hair.
  ‘Not tae mention the tapping o’ the feets…’  Wullie stopped, not wanting to mention the tapping o’ the feets.
  ‘Aargh!  Ooooo!  No’ the tappin’ o’ the feets!’  Some of the Feegles started to bang their heads on trees.
  ‘Aye, aye, aye, BUT,’ said Rob Anybody desperately, ‘what youse dinnae ken is that is part o’ the hiddlins o’ husbandry.’
  Feegles looked at one another.  There was silence except for the creak of a small tree as it fell over.
  ‘We never heard o’ any sich thing, Rob,’ said Big Yan.
 
‘Well, an’ ah’m no’ surprised!  Who’d tell ye?  Ye ain’t married!  Ye
dinnae get the po-et-ic symi-tree o’ the whole thing.  Gather roound
till I tell ye…’
  Rob looked around to see if anyone apart from
about five hundred Feegles was watching him, and went on: ‘See… first
ye get the boozin’ an’ the fightin’ an’ the stealin’, OK.  An’ when you
get back tae the mound it’s time for the tappin’ o’ the feets–’
  ‘Ooooooo!’
  ‘- an’ the foldin’ o’ the arms–’
  ‘Aaaargh!’
  ‘- an’, o’ course, the pursin’ o’ the lips and– will ye scunners knock it off wi’ the groanin’ before I starts bangin’ heids together!  Right?
  All the Feegles fell silent, except for one:
  ‘Oh, waily, waily, waily!  Ohhhhhhh!  Aaarrgh!  The pursin’… o’… the–’
  He stopped, and looked around in embarrassment.
  ‘Daft Wullie?’ said Rob Anybody, with icy patience.
  ‘Aye, Rob?’
  ‘Ye ken I told yez there wuz times ye should listen to whut I was sayin’?’
  ‘Aye, Rob?’
  ‘That was one o’ them times.’
  Daft Wullie hung his head.  ‘Sorry, Rob.’
  ‘Aye!  Now, where wuz I…?  Oh, aye… we get the lips an’ the arms an’ the feets, OK?  An’ then–’
  ‘I’s time for the Explainin’!’ said Daft Wullie.
  ‘Aye!’ snapped Rob Anybody.  ‘Any one o’ youse mudling want to be the one who dares tae do the Explainin’?’
  He looked around.
  The Feegles shuffled backwards.
 
‘Wi’ the kelda a-pursin’ an’ a-foldin’ an’ a-tappin’,’ Rob went on in a
voice of Doom.  ‘An’ that look in her bonny aye that says: “This
Explanation had better be really guid”?  Well?  Do ye?’
  By now Feegles were crying and chewing the edges of their kilts in terror.
  ‘No, Rob,’ they murmured.
  ‘No, aye!’ said Rob Anybody triumphantly.  ‘Ye wouldnae!  That’s because you don’t have the knowin’ o’ the husbandry!’

 

-Terry Pratchet – Wintersmith.

Multitasking

Wat sou die goeie afrikaans nou wees vir Multitasking ? Ek het geen idee nie, maar gelukkig weet ek dat julle almal weet wat ek bedoel. 

In elk geval. Ek het gisteraand onteenseglik bewys dat mans ook kan multi task.

Sien die ding staan so :

Ek is maar n groterige dierasie en ek vermoed ek moes uit duitsland afstam want soos baie van die ouer volkswagen produkte is my verkoelingstelsel nie ontwerp vir Suid Afrikaanse kondisies nie. Die gevolg is dat ek baie vinnig oorverhit.

Juis vir daardie rede slaap ek gewoonlik maar in die pajamas wat die liewe Vader my gegee het. Moerse oulike pajamas daai. Hulle groei so saam met my en sit altyd net reg. Soms ,soos gisteraand, kry ek nog steeds warm as dit by slaap tyd kom en dan doeks ek maar so bo op die bed sonder die duvet.  Gewoonlik skraap ek die duvet later in die aand by mekaar as dit begin koeler word.

Gisteraand lê ek toe lekker op my maag. Kop op my kussing en stadig word ek weg gevoer na daardie lekker plek in droom land.  So begin ek lekker ontspan en diep asemhaal. Net voor ek finaal die trappie oorsteek na daardie lekker wollerige wêreld voel ek skielik iets oor my kaal been en my boud hardloop.

En daar bewys ek toe dat mans beslis kan multitask. Want in een blitsvinnige oomblik het ek al die volgende goed reg gekry :

1. Opgevloog en langs my bed getsaan (wat beteken dat ek van die een kant van die dubbel bed reg oor moes spring om aan die ander kant te land)

2. Dit reg gekry om NIE my broek vuil of nat te maak nie.

3. Dit reg gekry om nie soos ‘n dogtertjie te gil en al die bure wakker te maak nie.

4. Dit reg gekry om NIE my bedlampie om te donner en my bed te breek nie.

Nadat ek tot verhaal gekom het het ek baie dapper gaan ondersoek instel na wat my so sleg uit die slaap geruk het. En daar tussen my matras en die muur kry ek toe hierdie dame.

Ek was nie in n baie gasvrye bui op daardie gegewe oomblik nie en selfs al het ek jare laas my bed met n dame gedeel was ek glad nie lus vir haar geselskap nie.  Na amper ‘n halwe blik gif later het sy die aftog geblaas en  het ek my weer tot op my bed begewe.

Waar dit my amper 2 ure geneem het om weer aan die slaap te raak, want na so ‘n ervaring kriewel elke bleddie haartjie op jou lyf mos vir ure daarna.

Dinge wat ek geleer het tydens operasie tjoep (dankie Plasie)

1. Dis maklik om gemotiveerd te bly as jy 2 of 3 kg per week verloor.

2. Dis baie moeiliker om gemotiveerd te bly as jou lyf agterkom wat jy beplan en jy skielik net 200 of 300 gram per week verloor.

3. Dis bleddie harde werk om gewig te verloor.

4. ‘n Mens voel flippen baie beter as jy eers begin gewig verloor – en fiks word van al die oefening.

5. Een kilogram van liggaamsvet is gelyk aan 37000 kilojoules!!

6. Die gemmidelde man eet ongeveer 11000 kilojoules per dag.

7. Dis nie goed vir bg. man se liggaam om minder as 8500 kilojoules per dag in te neem nie. (jy kan jou lyf skade doen)

8. Deur beter en minder te eet kan bg. man sy energie inname met 2500kJ verminder.

9. As hy elke dag sy inname met 2500kJ verminder dan sal dit hom ongeveer 2 weke neem om een kilogram te verloor. (37000kJ gedeel deur 2500kJ per dag = 14.8 dae)

10. n 6 kilometer stap teen n stywe pas (6km/h gemiddeld) verbrand ongeveer 2500kJ.

11. Dus as bg. man kan bly by sy 8500kJ per dag en 6km per dag kan gaan stap kan hy een kilogram per week afskud. (37000kj gedeel deur 5000kJ per dag = 7.4 dae).

So ‘n paar dingetjies om in gedagte te hou.

1. ‘n Wimpy hamburger met tjips is ongeveer 5000kJ !!!!!

2. ‘n 500ml Coke is 1000 kJ.

3. n BAR-ONE is 980 kJ!!!

4. ‘n 125g Steak sonder vet is 1400 kJ.

Met al bogenoemde in gedagte moet ek dit weer sê – dis vrek moeilik en bleddie harde werk om gewig te verloor.

Ek het aan die begin baie vinnig gewig verloor van 141kg na 131 kg in 3 weke. Ek is nou op 128 na nog twee weke. Ek het nog bleddie ver om te gaan.

Maar…

Ek voel baie goed. Ek is fiks en stap teen ‘n baie lekker pas. Ek het vanoggend 9.2km gestap in 1uur 32 min. Ek kan nie wag om n stap roete te kan boek en met my rugsak vir ‘n week in die berge te gaan stap nie.

Vir die wat belangstel – ek het n baie oulike program gekry vir my telefoon (wat n ingeboude GPS het) wat my toelaat om elke dag se stappies te dokumenteer. Ek kan dan elke stappie se data na hulle webserver oplaai waar ek dit kan vergelyk met ander stappies. En waar ek ‘n ‘breakdown’ kan kry van elke kilometer se spoed, hoogte, ens.

Loer gerus hier – dis my profiel van vanoggend se stap.