Dinge wat ek geleer het tydens operasie tjoep (dankie Plasie)

1. Dis maklik om gemotiveerd te bly as jy 2 of 3 kg per week verloor.

2. Dis baie moeiliker om gemotiveerd te bly as jou lyf agterkom wat jy beplan en jy skielik net 200 of 300 gram per week verloor.

3. Dis bleddie harde werk om gewig te verloor.

4. ‘n Mens voel flippen baie beter as jy eers begin gewig verloor – en fiks word van al die oefening.

5. Een kilogram van liggaamsvet is gelyk aan 37000 kilojoules!!

6. Die gemmidelde man eet ongeveer 11000 kilojoules per dag.

7. Dis nie goed vir bg. man se liggaam om minder as 8500 kilojoules per dag in te neem nie. (jy kan jou lyf skade doen)

8. Deur beter en minder te eet kan bg. man sy energie inname met 2500kJ verminder.

9. As hy elke dag sy inname met 2500kJ verminder dan sal dit hom ongeveer 2 weke neem om een kilogram te verloor. (37000kJ gedeel deur 2500kJ per dag = 14.8 dae)

10. n 6 kilometer stap teen n stywe pas (6km/h gemiddeld) verbrand ongeveer 2500kJ.

11. Dus as bg. man kan bly by sy 8500kJ per dag en 6km per dag kan gaan stap kan hy een kilogram per week afskud. (37000kj gedeel deur 5000kJ per dag = 7.4 dae).

So ‘n paar dingetjies om in gedagte te hou.

1. ‘n Wimpy hamburger met tjips is ongeveer 5000kJ !!!!!

2. ‘n 500ml Coke is 1000 kJ.

3. n BAR-ONE is 980 kJ!!!

4. ‘n 125g Steak sonder vet is 1400 kJ.

Met al bogenoemde in gedagte moet ek dit weer sê – dis vrek moeilik en bleddie harde werk om gewig te verloor.

Ek het aan die begin baie vinnig gewig verloor van 141kg na 131 kg in 3 weke. Ek is nou op 128 na nog twee weke. Ek het nog bleddie ver om te gaan.

Maar…

Ek voel baie goed. Ek is fiks en stap teen ‘n baie lekker pas. Ek het vanoggend 9.2km gestap in 1uur 32 min. Ek kan nie wag om n stap roete te kan boek en met my rugsak vir ‘n week in die berge te gaan stap nie.

Vir die wat belangstel – ek het n baie oulike program gekry vir my telefoon (wat n ingeboude GPS het) wat my toelaat om elke dag se stappies te dokumenteer. Ek kan dan elke stappie se data na hulle webserver oplaai waar ek dit kan vergelyk met ander stappies. En waar ek ‘n ‘breakdown’ kan kry van elke kilometer se spoed, hoogte, ens.

Loer gerus hier – dis my profiel van vanoggend se stap.

5 thoughts on “Dinge wat ek geleer het tydens operasie tjoep (dankie Plasie)

  1. Sjoe, moerse ingewikkeld maar ek stem saam: vrek moeilik om gewig te verloor en dit op ‘n gesonde manier te doen. Stadig is beter as vinnig! Vasbyt en sterkte.

  2. Mooi man. Jy wikkel daai gewig. Myne val nog, maar BAIE stadig. Seker oor ek ophou oefen het en weer slap chips as stapel voedsel begin gebruik het. hehePS. Dit was nou baie interessant om jou roete te volg. Ek het drie van my tantes se huise gekry op jou kaart, en ons ou huis. Net so klipgooi van jou kruising oor die grootpad.

  3. Hallo Kerneels.Dankie vir die inloer. Ek moet sê ek wens ek kan vinniger gewig verloor. Dit voel vir my dit gaan vrek stadig. Maar as ek terug gaan dan sien ek dat ek darem op so 1.5kg per week op die oomblik is.JA nee – na jy daai site beloer het sal jou nou ook ‘n idee he van waar ek bly en jy sal nou weet wat my regte naam is ;o)Ek dink daai website is piss cool !!lekker dag vir jou

  4. Dieet gaan mos maar stadig. Maar dis goed as jy die gewig liewer op ‘n gesonde manier en stadig verloor en af hou as wat jy dit vinnig verloor en weer optel. Doen so voort!

Comments are closed.