Multitasking

Wat sou die goeie afrikaans nou wees vir Multitasking ? Ek het geen idee nie, maar gelukkig weet ek dat julle almal weet wat ek bedoel. 

In elk geval. Ek het gisteraand onteenseglik bewys dat mans ook kan multi task.

Sien die ding staan so :

Ek is maar n groterige dierasie en ek vermoed ek moes uit duitsland afstam want soos baie van die ouer volkswagen produkte is my verkoelingstelsel nie ontwerp vir Suid Afrikaanse kondisies nie. Die gevolg is dat ek baie vinnig oorverhit.

Juis vir daardie rede slaap ek gewoonlik maar in die pajamas wat die liewe Vader my gegee het. Moerse oulike pajamas daai. Hulle groei so saam met my en sit altyd net reg. Soms ,soos gisteraand, kry ek nog steeds warm as dit by slaap tyd kom en dan doeks ek maar so bo op die bed sonder die duvet.  Gewoonlik skraap ek die duvet later in die aand by mekaar as dit begin koeler word.

Gisteraand lê ek toe lekker op my maag. Kop op my kussing en stadig word ek weg gevoer na daardie lekker plek in droom land.  So begin ek lekker ontspan en diep asemhaal. Net voor ek finaal die trappie oorsteek na daardie lekker wollerige wêreld voel ek skielik iets oor my kaal been en my boud hardloop.

En daar bewys ek toe dat mans beslis kan multitask. Want in een blitsvinnige oomblik het ek al die volgende goed reg gekry :

1. Opgevloog en langs my bed getsaan (wat beteken dat ek van die een kant van die dubbel bed reg oor moes spring om aan die ander kant te land)

2. Dit reg gekry om NIE my broek vuil of nat te maak nie.

3. Dit reg gekry om nie soos ‘n dogtertjie te gil en al die bure wakker te maak nie.

4. Dit reg gekry om NIE my bedlampie om te donner en my bed te breek nie.

Nadat ek tot verhaal gekom het het ek baie dapper gaan ondersoek instel na wat my so sleg uit die slaap geruk het. En daar tussen my matras en die muur kry ek toe hierdie dame.

Ek was nie in n baie gasvrye bui op daardie gegewe oomblik nie en selfs al het ek jare laas my bed met n dame gedeel was ek glad nie lus vir haar geselskap nie.  Na amper ‘n halwe blik gif later het sy die aftog geblaas en  het ek my weer tot op my bed begewe.

Waar dit my amper 2 ure geneem het om weer aan die slaap te raak, want na so ‘n ervaring kriewel elke bleddie haartjie op jou lyf mos vir ure daarna.

8 thoughts on “Multitasking

  1. MaankindDie vorige 3 wat ek verlede jaar in my huis gevang het , het ek baie liefderyk buit in die gaan plaas. Maar demmit , die ene het my sleg onkant gevang en ek was net nie lus om nog te sukkel om haar ook te vang nie.

  2. As ek eers slaap id ti fine , dan kan hulle maar bo oor my loop – ons het mekaar nog nooit gepla nie. Maar die vet weet , in daai skemer wêreld tussen slaap en wakker is dit nie goed vir die hart as een van hulle skielik oor jou binne been en jou boud hardloop nie.Amper , baie amper het ek haar toe gek….

  3. As my kommentaar vol spelfoute is, verskoon tog maar. Ek tik toe ogies. Dis ‘n lelike ding op die skerm.Ek multitask beter as jy. Ek sou gegil en geskyt het, gespuit het(DOOM) en geslaan het. My foto sou net so splat gewees het van wat “sy” was.

  4. Jy moes met die spinnegog onderhandel het! Foeitog, mens skrik vir die goed. Ek het een naweek in ‘n huis geslaap waar die geitjies teen die mure vir jou sit en kyk het. Was nie ‘n plafon nie, net die mure en die dak. In die bosveld. Ek het my kooi weggetrek van die muur af en my kop toegetrek met die kombers, bang een van die geitjies val op my! Dankie vir al die kuier by my.More scraps? http://www.myscraps.co.in

  5. Hallo NikaDankie vir die inloer hier by my. Gewoonlik vang en repatrieer (hoop dis reg gespel) ek spinnekoppe soos die een. MAar die ene het my wragtag onkant gevang en ek was nie lus vir jaag en soek en beddens rondsleep nie . Hulle kan nogal hol as hulle wil.Wat die geitjies betref , ek vrek oor hulle. veral die kleintjies. dis vir my die oulikste goedjies. Het al ‘n slag of wat enetjie gevang en afgneem en dan weer vry gelaat.Hoop dit gaan ok met jou.

  6. Ai, ja, jaai! Jy kan beslis beter multi-task as dit by hierdie onderwerp kom… ek het regtig ‘n agt-potige fobie… Ek begin sommer hiper ventileer deur net na jou prentjie te kyk!

  7. Ek het nou hierdie een só geniet Adoons! Ek het ‘n totale fobie vir die 8-potige grillerige kreatuurtjies en ek weet ék sóú défnitief deur die lug getrek het in my poging om te vlug; ek sou défnitief soos ‘n dogtertjie die hele buurt wakker gegil het en ek sou defntief in die proses die bedlampie afged*nner en my toe beskyt het!! :-DNet die foto laat my gou weg”scroll” – ek wil hulle nie sien of weet van NIE!!!

Comments are closed.