Dag 49

vandat ek begin het rekord te hou van operasie trekker tjoep. En so ver het dit heel mooi gegaan, maar nou vir die laaste week staan my gewig stil.  Wil net eenvoudig nie af nie. Ok , dankie tog dit gaan ook nie op nie. Maar ai.

Nou ja , ek sal seker dan maar nou ‘n plan moet maak en harder oefen en minder eet tot die ou lyf nou weer agterkom presies wat van hom verwag word.

Intussen is my hart seer vir die mense rondom my , hier op die blogs, en ou skool vriende , se seerkry stories. Jislaaik julle, die lewe is darem maar net nie fair nie.

Ek hoop julle het almal n bleddie lekker naweek en dat julle die gatklappe van die lewe sal kan verwerk en sterker en mooier daar sal uitkom.

O ja , en as een van julle dalk ‘n ou joppie erens in die buitelug vir my het , sodat ek die bleddie kantoor werk in sy glory kan stuur – laat weet maar.

5 thoughts on “Dag 49

  1. Enige joppie sal vir my werk. Dis mooi om te sien n man sien om na sy omhulsel, gewoonlik klink dit vir my of dit die vrou se alleen las is om te dra

Comments are closed.