Gemaksones en verslawings

My blog hier op Litnet is nou so amper ‘n jaar oud. En vanoggend , toe ek vir iemand anders die adres gee , toe sit ek skielik self en wonder oor wat ek alles hier kwytgeraak het in die laaste jaar. Toe gaan ek maar terug tot by die begin en ek lees so vlugtug deur al die goete wat ek kwyt geraak het in die laaste jaar.

Soos wat ek lees het ek ‘n paar dinge besef. Een was dat ek aan die begin baie meer stories vertel en minder gemoan het. Miskein moet ek bietjie meer stories vertel en minder moan. Die ander ding wat my opgeval het is die een deurlopende tema in my ‘moan’ blogs.  Dit is die feit dat ek ander werk soek en wil kaap toe trek. Die ding is dat ek vir die laaste jaar se moan nog nie rerig werk gesoek het in die kaap nie. Ek sit net en moan hier daaroor.

En nou sit ek hier en ek wonder hoekom dit so werk.

Ek dink ons is almal maar verslaaf aan iets. kos, drank, sigarette, seks, dwelms, liefde, gemak , en so voorts. Of soms, kombinasies van al hierdie.  Vir my , verkies ek my gemaksone. Ek hou van die roetine. En ek hou nie van (is bang vir) die onbekende.

Ek dink ek het nog nie rerig begin werk soek nie , want ek glo nie in myself en my vermoens  nie. Ek weet ook  nie rerig watse werk ek wil doen nie. Ek weet ek wil nie in ‘n kantoor sit nie, maar wat doen ek dan anders ?

Wat sou dit vir my maklik gemaak het ? Miskien as iemand vir my ‘n werk aanbied. As dit so uit die lug uitval en iemand vir my sê :”Dê, hier is vir jou ‘n job. Doen dit. Jy sal goed wees daarin”

Is daar ‘n kans dat so iets sal gebeur ? seker nie.

Intussen kap ek maar aan so van dag tot dag. En miskien , eendag vind ek iets wat ek graag sal wil doen. Wat die risiko van uit die gemaksone beweeg die moeite werd maak.

8 thoughts on “Gemaksones en verslawings

  1. Dankie Annemari. Einlik is die blog verjaarsdag nog so n maand weg. In fact – ek sien dat ek die blog begin het 2 dae na my eie verjaarsdag.

  2. wat doen jy? ek kan dalk met werk kry in die kaap ek werk vir groot werwings maatskappy met handelsmerke en takke orals…en nog ‘n ding…maak vir jou ‘n lysie van vyf goeters wat jy NOU KAN doen om jou daar te kry, plak dit teen jou speigel of hangaksdeur op en LEES dit hardop elke dag voor jy by die deur uitgaan. skepties? probeer dit net.

  3. wat doen jy? ek kan dalk met werk kry in die kaap ek werk vir groot werwings maatskappy met handelsmerke en takke orals…en nog ‘n ding…maak vir jou ‘n lysie van vyf goeters wat jy NOU KAN doen om jou daar te kry, plak dit teen jou speigel of hangaksdeur op en LEES dit hardop elke dag voor jy by die deur uitgaan. skepties? probeer dit net.

  4. My gemaksone is vir my net so belangrik, my man sê my RTC is baie sterk (Resistance to change). Hy is die tenoorgestelde, en so balanseer oons mekaar seker in die lewe.kom ek sê vir jou die lewe in die Kaap is baie meer gejaagd as daar waar jy is.

  5. dis waar – ek weet. ek het in die kaap gebly op n stadium.Maar , dis nie Gauteng nie , en my laaitie is daar.

  6. Op die oomblik? ek sit in n kantoor en ek doen admin. En ek haat dit. Ek is goed met rekenaars en tegniese goodies. Het seker die meeste rekenaar kennis van almal in ons kantoor (dis hoekom die baas my hier het) maar goed met rekenaars is nie gelyk aan goed met of hou van admin nie.Wat wil ek graag doen? – iets buite. Ek is ‘n goeie fotograaf. En ek kan goed met mense werk. My ideaal op die oomblik is om as toergids iets buite te doen. Miskien groepe vat op staptoere. OF vir overland werk – of so iets. Of ‘n pers fotograaf word.

Comments are closed.