Op meeste dae….

….staan ek op en gaan ek maar aan met die lewe.  Ek doen wat gedoen moet word en volg maar die gewone dag tot dag roetine. Op meeste dae plak ek maar my ou maskertjie op , nie om ander te bluff nie , maar myself.   Miskien is dit nie ‘n masker nie , maar oogklappe om dit wat eintlik in my kop aangaan vir myself weg te steek.  En meeste dae kry ek dit baie goed reg om met die dag aan te gaan .

Maar net soms, kry ek nie die maskertjie en die oogklappe mooi in plek nie. En op sulke dae kom slaan die sinneloosheid van my lewe my tussen die oë. Op sulke dae besef ek hoe alleen en sinneloos my lewe is. Op sulke dae besef ek dat ek elke dag werk toe gaan en huis toe kom , net om die volgende dag maar weer werk toe te gaan. En dit alles , elke dag , net om n salaris te verdien wat my vir nog n sinnelose 30 dae aan die lewe sal hou. Op sulke dae is my hartjie klein , en leeg en alleen en moedeloos.

Vandag is so ‘n dag….

Maar, oor n halfuur, as ek by die werk instap, sal die maskertjie en die oogklappies weer mooi in plek wees en sal ek maar weer aangaan van dag tot dag.

Want wie weet…. Miskien…     Eendag …… ?

Miskien , eendag , is dit anders.

Advertisements

Uitgeslape

Ek dink ek is uitgeslape.

Dit nadat ek gister middag op my bed gaan lê het om te lees en so teen vyf uur aan die slaap geraak het. Ek het eers tien uur wakker geword, iets gaan eet , terug geklim in die bed en teen elf uur weer lekker geslaap tot sewe uur vanoggend.

Dan is ek mos nou uitgeslape ??

Ek het Donderdag aand saam met Plasie gaan eet en gekuier. Dit was baie lekker om die man te ontmoet en ons het n hond uit n bos uit gekuier.

Dankie Plasie , ons maak weer so.

Sondag stappie

Ek het vanmiddag die kans gehad om so ‘n entjie langs ons kuslyn te gaan stap. En hoewel dit vir my regtig mooi en lekker was om so oor die see uit te tuur en die wind (en daar was WIND) in my hare te voel , het dit ook my gart gebreek. Want dit is afgryslik om te sien hoeveel bottels en bierbottels en proppies en plastiek sakke het daar op die strand rond gele.

Ek sou in n paar minute en 100 meter genoeg plastiek en ander gemors kon optel om 4 swart sakke vol te stop.  Dis vreeslik.

Soos wat ek loop en al die gemors sien het ek gewonder. Is dit omdat daar meer mense op die strande kom ? Is dit om dat die regering nie meer mense het wat op die strande skoonmaak nie ? Of is dit dat die mense op die strande net nie ‘n fok omgee vir wat van hulle gemors word nie ?

En hoe op aarde draai ‘n mens die ding om ? Hoe veg jy teen die oormag ? Hoe stop jy die sinelose gemors ?

Ek wens ek het antwoorde gehad.

Hier is ten minste ‘n pic wat ek kon neem sonder om te veel gemors in die foto te he.

My eerste lysie (of dalk tweede)

Nou ja – ek doen gewoonlik nie lysies nie , maar kom ek doen nou maar die een:

WHAT WAS YOUR:
1. last beverage:
Koffie
2. last phone call:
Vriend van my – laas nag
3. last text message:
 ABSA – internet logon
4. last song you listened to:
Higher Power van BOSTON. Dit onlangs weer ontdek. Hell dis lekker op top volume!!
5. last time you cried:
Die Naweek

HAVE YOU EVER:
6. dated someone twice :
Jip
7. been cheated on:
Jip.
8. kissed someone & regretted it:
Nope
9. lost someone special:
Jip
10. been depressed:
Verseker
11. been drunk and threw up:
Nog nooit.

LIST THREE FAVORITE COLORS:
12. blou
13.
Nou dat ek daaroor dink – ek het nie rerig n saak met kleure nie. Ek hou van almal
14.
ek neem fotos – en daarvoor het ek hulle almal nodig

THIS YEAR HAVE YOU:
15. Made a new friend: JA
16. Fallen out of love:
Ek het dan nie eers verlief gewees nie – so hoe kan ek dan out of love fall ?.
17. Laughed until you cried:
Baie lanklaas – beslis nie die jaar nie.
18. Met someone who changed you:
 Nee , maar die jaar is gelukkig nog nie om nie..
19. Found out who your true friends were:
Ek weet dit al lankal.
20. Found out someone was talking about you
: Ek maak genoeg waves dat sommige mense oor my sal praat – pla my gelukkig min
21. Kissed anyone on your friends list:
(edit : Ek het intussen hieroor gaan dink en ek moet die antwoord wysig na : ja)
22. How many people on your friends list do you know in real life:
Ek aanvaar dit verwys na facebook. In daai geval – almal . ek aanvaar nie n vriend op FB as ek hom nie persoonlik ken nie.
23. How many kids do you want to have:
Ek het een. Ek dink dis genoeg.
24. Do you have any pets:
Tel die geitjie teen my slaapkamer muur ??
25. Do you want to change your name:
nee wat.
26. What did you do for your last birthday:
Nie veel nie..
27. What time did you wake up today:
1ste keer – 02h00 laaste keer – 06h36
28. What were you doing at midnight last night:
geslaap
29. Name something you CANNOT wait for:
bietjie rigting in my lewe. En n liefde sal ook nice wees.
30. Last time you saw your Mother:
Verlede naweek..
31. What is one thing you wish you could change about you life?:
Die grootste deel daarvan op die oomblik.
32. Are you named after someone:
My pa en my groot oupa
33. Have you ever talked to a person named Tom
: My standerd 4 geskiednis onnie was Tom.
34. What’s getting on your nerves right now:
My werk
35. Most visited webpage(s):
blogs.litnet.co.za.
36. Whats your real name:
vir die doel van die blog sal ons maar bly by adoons bobbejaan.
37. Nicknames:
ek het nog nooit ene gekry wat gestick het nie
38. Relationship Status:
ja nee – so single soos kan kom.
39. Zodiac sign:
blykbaar n skerpioen of n ding. Nie dat ek my enigsins aan daai crap steur nie
40. Male or female?:
Male
41. introvert?extrovert:
vreemd genoed – meer introvert as extrovert – maar hang ook af in watse bui jy my vang. Ek hou egter nie van baie mense om my nie – sal baie makliker op ‘n 1 tot 1 basis met iemand oor die weg kom. En ek is beslis nie die life of the party nie.
42. Middle School:
Fichardt park Pre Primer in Bloemfontein
43. High school/College:
HTS Louis Botha (Bloemfontein)
44. Hair colour:
Donker bruin
45. Long or short:
Kort
46. Height:  
1,78
47. Do you have a crush on someone?:
 op die oomblik , nee. Maar ek sou nie omgegee het nie.
48: What do you like about yourself :
nee vrek – al hierdie moeilike vrae..
49. Piercings:
Uhmm , Nee
50. Tattoos:
Nee dankie .
51. Righty or lefty:
regs (ek aanvaar ons praat van hotklou of haarklou en nie politiek nie!!)

FIRSTS :
52. First surgery: Mangels
53. First piercing:
tel die gate wat ek in myself geval het met die fiets ?
54. First best friend:
voorskool – douglas. Ek het hom “Ketas’ genoem
55. First sports you joined:
Nee wag – sport – nou het julle die verkeerde ou. Het een dag in std3 gaan rugby oefen , maar halfpad geloop nadat ek vir die hoeveelste keer in die scrum oor my rug gewiks was met die fluitjie se toutjie. Ek weet nou nog nie hoekom nie.
56. First kiss:
ek kan eerlik nie onthou nie. Kon nie te great gewees het nie. .
58. First pair of trainers:
trainers? Is dit nou soos in skoene ? tekkies ? nee vrek – iets no name. Met sulke neon kleur bont veters.

CURRENTLY :
59. Eating:
Niks nie, die graan varkies (wheat bix) wag nog om te verteer.
60. Drinking:
ook boggerall. Sal maar nou nou gaan koffie maak
61. I’m about to:
ek gaan verder lees – Draaijakkals..
62. Listening to:
Die reen buite..  
63. Waiting on:
Beslis die naweek.

YOUR FUTURE :
64. Want kids? Ek dink ek is nou klaar
65. Get Married/Civil Partnered?
Dalk , sal maar eers die regte girlie moet ontmoet
66. Career?
Wat vir n ding is dit ? op die oomblik is ek net dankbaar ek het n job. Maar ek weet die job sal nooit n career word nie

WHICH IS BETTER :
67. Lips or eyes: Ogies.
68. Hugs or kisses:
Ai , ek hou van albei.
69. Shorter or taller:
Maak nie saak nie. .
70. Older or Younger:
so rondom my eie ouderdom is reg.
71. Romantic or spontaneous:
Spontaan
72. Nice stomach or nice arms:
Ai , ek vrek oor n plat sexy magie.
73. Sensitive or loud:
ek hou nie van loud nie.
74. Hook-up or relationship:
n proper verhouding wat kan groei en ontwikkel
75. Trouble maker or hesitant:
Nee wat , trouble maker hou maar verby

HAVE YOU EVER :
76. Kissed a stranger: Nee.
77. Drank hard liquor:
Tel spiced gold en coke ?
78. Lost glasses/contacts:
Sonbrille gebreek , ja. Verloor nee.
79. Sex on first date:
nope.
80. Broken someone’s heart:
ek dink so.
81. Had your own heart broken:
Jip.
82. Been arrested?:
Nope  – en dis beslis nie in my beplanning nie
83. Turned someone down:
Ongelukkig, ja.
84. Cried when someone died:
Ja.
85. Fallen for a friend:
Nope

DO YOU BELIEVE IN:
86. Yourself: uhmm , op die oomblik , nie rerig nie
87. Miracles:
Uhm … deur God, ja.
88. Love at first sight:
Ek dink so ja. Hoewel dit dalk eerder daai eerste ‘spark’ is wat later sal lei tot liefde..
89. Heaven:
Verseker.
90. Santa Claus:
op my ouderdom – nope , maar my laaitie doen..
91. Kiss on the first date:
Ek weet nie , sal maar moet wag en sien. Hang maar af van daai ‘spark’ in 88
92. Angels:
Jip

ANSWER TRUTHFULLY:
94. Had more than 1 girlfriend/boyfriend at a time: nope
95. Did you sing today?
Vandag ? nee. Maar ek hou van sing..
96. Ever cheated on somebody?
Nee
97. If you could go back in time, how far would you go?:
ag , seker nie vêr nie.
98. If you could pick a day from last year and relive it
: my tydjie in Tsitsikamma verlded jaar
99. Are you afraid of falling in love?: met die regte een – nope.
100. Posting this as 100 truths:
ek dink so ja