Hier sit ek …

Met ‘n bek vol tanne en hande vol vingers en ek het niks om te sê of te tik nie.  Ai , die ou lewe is ook maar moeilik. En dinge maak nie altyd sin nie.

Ek was die naweek Bloemfontein toe om bietjie by my beste vriend en sy vrou te gaan kuier. Dit was baie lekker. Het ook saam met my Ma en Pa gekuier. ‘n Baie goeie naweek.

Maar nou is ek weer terug in Uitenhage. En terug by die werk.En so gaan die ou lewe maar nog steeds sy doelose ou gang. 

8 thoughts on “Hier sit ek …

  1. Ag plasie , en net daar le die probleem ne ? Om die doel vas te stel.So nou makeer ek maar die pas tot ek dit eendag uitfigure.

  2. Ag Doonsie, ons lewe is so kort dat dit nie doelloos verby mag gaan nie. Jy moet maar self die interimdoel probeer skep terwyl jy wag dat die groter doel (hopelik) eendag duidelik sal word. Ek is self nie seker wat daardie ‘groter’ doel is nie en daarom probeer ek die sin wat ek self gedefinieer het na te streef: om self vreugde te ervaar en om te probeer om vreugde in my omgewing by te dra.Kollekte sal nou geneem word…

  3. Sorry Jan. Ek wou nogal gaan inloer. MAar ai man , tyd is n anner bogger. Elke keer beloof ek my ek gaan by jou inloer as ek verby jou plek gaan , maar ek reken jy sou dalk op my geskiet het as ek Vrydag oggend 00:30 aan die winkel se deur geruk en pluk het vir koffie.En sondag was my gat lam , ek wou net by die huis kom.

Comments are closed.