Sondag stappie

Ek het vanmiddag die kans gehad om so ‘n entjie langs ons kuslyn te gaan stap. En hoewel dit vir my regtig mooi en lekker was om so oor die see uit te tuur en die wind (en daar was WIND) in my hare te voel , het dit ook my gart gebreek. Want dit is afgryslik om te sien hoeveel bottels en bierbottels en proppies en plastiek sakke het daar op die strand rond gele.

Ek sou in n paar minute en 100 meter genoeg plastiek en ander gemors kon optel om 4 swart sakke vol te stop.  Dis vreeslik.

Soos wat ek loop en al die gemors sien het ek gewonder. Is dit omdat daar meer mense op die strande kom ? Is dit om dat die regering nie meer mense het wat op die strande skoonmaak nie ? Of is dit dat die mense op die strande net nie ‘n fok omgee vir wat van hulle gemors word nie ?

En hoe op aarde draai ‘n mens die ding om ? Hoe veg jy teen die oormag ? Hoe stop jy die sinelose gemors ?

Ek wens ek het antwoorde gehad.

Hier is ten minste ‘n pic wat ek kon neem sonder om te veel gemors in die foto te he.

3 thoughts on “Sondag stappie

  1. Ai dit is verskriklik – sekere mense het net nie saak nie, kan nie 5 minute stop om vir die mooi te kyk en dan sien dat die mooi nie meer mooi is nie, daar moet skoongemaak word, en dan iets daadwerklik iets daaraan doen nie. Die mense by die munisipaliteite kyk ook mos vir die see is dit nie?

  2. Onderrig…maar weer as ‘n ou ‘n stuk papier neer gooi en die asblik is 2 meter van hom af dan is dit net barbaars.

  3. Dit is skreiend. Ek dink mense is oor die algemeen selfsugtig en gemaksugtig – dink ander moet agter hulle skoonmaak. Gee nie om vir die natuur nie. Dink as al die ander dit kan doen, kan ek seker ook…..

Comments are closed.