Ek dink ek is uitgeslape.
Dit nadat ek gister middag op my bed gaan lê het om te lees en so teen vyf uur aan die slaap geraak het. Ek het eers tien uur wakker geword, iets gaan eet , terug geklim in die bed en teen elf uur weer lekker geslaap tot sewe uur vanoggend.
Dan is ek mos nou uitgeslape ??
Ek het Donderdag aand saam met Plasie gaan eet en gekuier. Dit was baie lekker om die man te ontmoet en ons het n hond uit n bos uit gekuier.
Dankie Plasie , ons maak weer so.
Te veel gekuier lyk dit my!
Smaak my Plasie is ‘n vampier – hy het jou lewenslus leeg gesuig…:-)
geen wonder jy’s so moeg – opgekuier
En dit net van ‘koffie drink”???
Jy’s ‘n wakker uitgeslape speurder, Adoonsie.
ja nee. Ek moet sê , dis nie net koffie drink nie, ek het bleddie lekker ge eet ook.
Te veel slaap is ook nie goed nie…
Dalk is jy uitgeslape.. dalk was jy ook maar net moeg! :Den ek is bly jou MOB was lekker!x