Op meeste dae….

….staan ek op en gaan ek maar aan met die lewe.  Ek doen wat gedoen moet word en volg maar die gewone dag tot dag roetine. Op meeste dae plak ek maar my ou maskertjie op , nie om ander te bluff nie , maar myself.   Miskien is dit nie ‘n masker nie , maar oogklappe om dit wat eintlik in my kop aangaan vir myself weg te steek.  En meeste dae kry ek dit baie goed reg om met die dag aan te gaan .

Maar net soms, kry ek nie die maskertjie en die oogklappe mooi in plek nie. En op sulke dae kom slaan die sinneloosheid van my lewe my tussen die oë. Op sulke dae besef ek hoe alleen en sinneloos my lewe is. Op sulke dae besef ek dat ek elke dag werk toe gaan en huis toe kom , net om die volgende dag maar weer werk toe te gaan. En dit alles , elke dag , net om n salaris te verdien wat my vir nog n sinnelose 30 dae aan die lewe sal hou. Op sulke dae is my hartjie klein , en leeg en alleen en moedeloos.

Vandag is so ‘n dag….

Maar, oor n halfuur, as ek by die werk instap, sal die maskertjie en die oogklappies weer mooi in plek wees en sal ek maar weer aangaan van dag tot dag.

Want wie weet…. Miskien…     Eendag …… ?

Miskien , eendag , is dit anders.

9 thoughts on “Op meeste dae….

  1. Ons, wel ek dan, voel ook soms so.Maar dan weer, nogtans MOET ons jubel!Sien, ruik, hoor die natuur, die mooi mense om ons – (preek ek nou vir myself)Sterkte.

  2. Gelukkig kom knoop HOOP elke oggend die maskertjie vas en laat soms ‘n stukkie ook dat Geluk daar tydelik kan inglip

  3. dis maar ‘n algemene ding, maar ons besef nie dat baie ander ook wat ‘n masker dra. Weet jy dat ek al in ‘n groot groep net so op my eie gevoel het

  4. Ai Adoonsie – weet dat dit die storie van baie van ons se lewens is. En ek stem saammet Annemari – as mens eers vrede gemaak het om op jou eie te wees dan raak dit makliker. Partykeer kom krap die wens na iemand nog aan die punt van jou hart, maar overall sal jy agterkom dat dit nie te bad is nie. Dink aan jou vandag

  5. Die probleem is as die hoop op eendag en miskien al so deurgeskaaf is dat n mens nie meer weet hoe lank hy nog gaan hou nie. Wat gebeur die dag as daai hoop ook nie meer daar is nie ?

  6. Adoonsie, hoop is soos suurstof vir ons longe. Dit is nodig om te oorleef. En, net soos suurstof, is dit gratis. Dis geloof(God) wat in die donker Sy hand na JOU toe uitsteek wanneer jy nie kan sien nie. En om ‘n situasie dan as “hopeloos” af te maak, is soos om die deur in God se gesig toe te slaan.(Nee nee nee, ek preek glad nie. Ek is al vir meer as ‘n week in PRESIES dieselle bootjie as jy)Selfs op jou donkerste nag, wanneer jy wragtig nie meer kans sien nie, gaan jy dalk hoop(!!!!) om nie weer die son te sien opkom nie. Solank as wat daar suurstof in jou longe gaan ingaan, sal daar hoop in jou binneste wees.Dit kan nie anders nie!

Comments are closed.